TV Plus (Afrikaans)

Dít is die wet

Ivy en Marvin stem nie saam oor hoe om hul seun Eddie te dissipline­er wanneer hy hom sleg gedra nie. Hoe nou?

-

Wanneer dit kom by die dissipline­ring van ’n kind, moet ouers deesdae baie versigtig wees, sê Nazli George. Haar karakter Ivy se geduld gaan beproef word deur nie net haar seun Eddie (El-Kody Langeveldt) nie, maar ook deur haar man Marvin (Duncan Johnson). Ivy se idee van dissipline­ring is ’n pak slae wanneer jy nie wil luister nie, verduideli­k die aktrise. Maar volgens die wet is dit nie ’n uitweg nie, want ’n warm sitvlak kan jou agter tralies laat beland. “Dis die probleem vir Ivy. Sy’s nog van die ou skool, terwyl Marvin meer modern is. Hy is bekend met die gereg, want hy werk in die polisiemag. En dis waar hulle verskil,” voeg Nazli by.

STOUT SEUN

Eddie het hom al voorheen sleg gedra en soos die meeste kinders irriteer hy sy ouers. Hy het ’n houding en dis klein goedjies soos om lui te wees en nie sy goed op te tel nie, en dan vir sy ouers “nee” sê voor hy doen wat hy aangesê is om te doen, wat Ivy irriteer. “Sy’s reg om hom ’n klap te gee om hom op die regte spoor te bring,” sê Nazli.

Maar Ivy en Marvin besef hulle het ’n groter probleem wanneer hulle na Eddie se skool se ontbied word om met die hoof te praat. Hulle is geskok, verduideli­k Nazli. “Eddie boelie een van sy skoolmaats. Dis glad nie soos hy is nie, dus weet sy ouers iets is agter die skerms aan die gang,” voeg die aktrise by. En dis groot!

Eddie is in Mei 2021 deur die afskuwelik­e gemaskerde misdadiger Tandmuis ontvoer en dit kom aan die lig hy ly nog aan die gevolge. “Eddie het nagmerries oor daardie tyd en wat met hom gebeur het, en omdat hy nie weet hoe om met sy ouers oor goed soos posttrauma­tiese stresverst­euring te praat nie, het hy dit opgekrop en net sy suster

Vee (Zoey Volkwyn) vertel. Vee vertel Marvin en Ivy wat aangaan en hulle verstaan uiteindeli­k wat hul seun pla,” sê Nazli.

POLISIEMAN TOT DIE REDDING

Die probleem vir Ivy en Marvin begin met hul verskillen­de maniere om kinders wat hulle swak gedra te hanteer. “Hulle is reeds daardeur met hul eersgebore seun,

Romeo (Clint Aplon). Kinders wat te groot is vir hul skoene is, is dus niks nuuts vir hulle nie,” sê Nazli. Maar kinders “destyds” en kinders “deesdae” is twee verskillen­de situasies. “Dis teen die wet om jou kind te klap omdat hy stout en onbeskof is. Hulle kan volgens wet na die polisie gaan en ’n klag teen jou lê,” sê Nazli, wie se karakter gereed was om Eddie ’n pak slae te gee tot sy van sy Tandmuispr­obleem uitgevind het. Maar selfs daarna glo Ivy hoe jy jou kind agter geslote dissipline­er, is niemand anders se besigheid nie.

Marvin wil aan die anderkant ’n vreedsame oplossing vind, want hy wil nie hê sy vrou moet in die moeilikhei­d beland nie, en hy wil sy seun red. “Nie een van hulle gaan teëpratery of ’n houding duld nie. Maar Marvin is kalm in sy benadering,” sê Nazli, en voeg by haar man se karakter hanteer daagliks trauma en is dalk meer simpatiek. “Marvin het al voorheen met slagoffers met posttrauma­tiese stresverst­euring te doen gehad, hy weet dus hoe om dié situasie te hanteer.”

VRA HULP

Ivy en Marvin is inherent goeie mense en hulle weet waarvandaa­n hul antwoorde kom, verduideli­k Nazli. “Hulle wend hulle tot hul pastoor. Hulle glo indien hulle Die Bybel oopmaak, sal hulle die antwoord op die bladsy vind en hulle glo hul geloof sal hulle deur dié probleem met Eddie dra.” Soos die meeste paartjies is hulle al deur baie probleme in hul huwelik, maar het sterker anderkant uitgekom, sê Nazli.

“Hulle het hoogte- en laagtepunt­e gehad, en uiteindeli­k het hulle by mekaar gestaan. Hulle is sout-van-die aardemense en hulle is nog nooit platgeslaa­n terwyl hulle mekaar se hande gehou het nie. Hulle pak probleme as ’n gesin aan, verenig. En dié situasie met Eddie is nie anders nie,” voeg Nazli by, wat graag wil hê 7de Laan-kykers moet sien hoe Ivy en Marvin hul seun met sy probleme help en ’n oplossing vind.

 ?? ?? Ivy (links) en Marvin (regs) het verskillen­de sienings oor hoe om Eddie se slegte gedrag te hanteer. Eddie (inlas) sê vir sy ma “hou jou mond”.
Ivy (links) en Marvin (regs) het verskillen­de sienings oor hoe om Eddie se slegte gedrag te hanteer. Eddie (inlas) sê vir sy ma “hou jou mond”.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa