TV Plus (Afrikaans)

Met oop hart en hand

Werner en Denzil leer die Hillsiders om mekaar op dié Mandeladag met ’n skop en ’n klap te help.

-

Is die wêreld gereed vir die Madibahou? Dis nie so gek soos wat dit klink nie. Op Mandeladag op Maandag 18 Julie, ter ere van wyle pres.

Nelson Mandela, het Werner Visagie (Zak Hendrikz) ’n spesiale geskenk vir die Hillsiders: selfverded­igingsklas­se.

Sedert Werner in November 2021 na Hillside gekom het, is Zak beïndruk deur sy karakter se toegewydhe­id om mense met ’n hand en hart te help. “Die eerste persoon wat Werner ontmoet het, was Zee (Ray Neo Buso). Hy was geslaan en Werner het hom met selfverded­iging probeer help,” sê Zak. “Toe hy op die plaas gebly het, is Werner gekonfront­eer deur ’n bende inbrekers, en hy werk nou vir DeWet (Dirk Stoltz) se sekerheids­maatskappy. Hy het ook ’n blou gordel in karate, Werner is dus die perfekte persoon om mense selfverded­iging te leer,” voeg die akteur by. En wat is beter as om mense te verenig met die vaardighei­d en vertroue om mekaar te beskerm?

EER DIE LEIER

Zak sê dis ’n storielyn oor hoop. “President Mandela het die wêreld geïnspiree­r. Werner probeer dieselfde oortuiging in mense kweek: Om hulle goed oor hulself te laat voel, en om veilig op straat te voel.

So, pleks van ’n braai vir Mandeladag wil Werner iets konstrukti­efs doen en ’n selfverded­igingsklas sal mense op so baie maniere help,” sê Zak. “Die gemeenskap is die hoeksteen van 7de Laan.”

Maar net een man kan nie ’n verskil maak nie, daarom nader Werner sy vriend Denzil (Jaques da Silva) om hulp. “Denzil is soos Werner: Hulle het ’n hart van goud en kan met mekaar vereenselw­ig. Hulle is omtrent ewe oud, en is positief.” Dit help ook dat Denzil die plaaslike koffiewink­el Oppiekoffi­e besit, en een ding is seker van Hillside – as jy wil hê mense moet van iets weet, is Oppiekoffi­e die plek om die nuus te versprei. “Die mondelinge nuus strek ver en Werner is verras wanneer so baie mense vir die klas opdaag,” sê Zak.

VERLEDE KEER

Augusta het Ivy voor stok gekry oor haar geskinder oor Werner, die ma en dogter Mariaan en Amorey het hul band versterk, en die babawagter­s Romeo en Khethiwe is deur Eddie en Karmen uitoorlê.

IN DIÉ UITGAWE

Aankondigi­ngs oor die skoonheids­kompetisie maak Shady gespanne, die Welmans kan uiteindeli­k hul probleme opsyskuif vir ’n klein gesinsvier­ing, en Mariaan kan nie haar vreugde verberg wanneer Ivy ’n bloutjie loop nie.

Die dorp gons wanneer die nooddiens na The Heights-woonstelko­mpleks ontbied word, Marvin en Ivy stem nie saam oor hul kinders se dissipline­ring nie en dit veroorsaak probleme vir die ouerpaar, en Werner vra

Denzil se hulp met sy selfverded­igingprogr­am as deel van Hillside se Mandeladag-vieringe. Mariaan vertel haar skoonseun, Fikani, van haar kinderjare en haar pa, en Zelda kom terug om vir haar suster Mariaan en swaer Chris op hul huwelikshe­rdenking te sing.

Uys flankeer met Mieke wanneer hy haar in die koffiewink­el Oppiekoffi­e raakloop, en

Ivy bel haar ma (nie op die skerm nie) vir raad oor haar argumente met Marvin. Marvin is nie beïndruk met sy seun Eddie se wangedrag nie, en Augusta het die oog van ’n vryer gevang. Mariaan het ’n ligte ineenstort­ing wanneer haar dag sleg verloop, en Denzil vertel Ivy hy hou van haar planne om Oppiekoffi­e weer winsgewend te maak.

 ?? ?? Die karatekenn­er Werner (links en inlas) kry hulp van Denzil (hooffoto regs) om sy selfverded­igingsklas­se te bevorder.
Die karatekenn­er Werner (links en inlas) kry hulp van Denzil (hooffoto regs) om sy selfverded­igingsklas­se te bevorder.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa