TV Plus (Afrikaans)

Gesondheid, Prontuit

Seisoen 3 VIA (*147) 18:00 Geselsprog­ram

-

Die laaste van die regulasies vir die Covid-19-pandemie is einde Junie in Suid-Afrika opgehef, waaronder die verpligte dra van maskers. Dit voel vreemd om sonder ’n masker te loop, en baie mense wonder of ons gereed sal wees om nóg ’n vlaag van die koronaviru­s, of selfs ’n nuwe pandemie, te trotseer.

Dr. Rust Theron, ’n mediese dokter en aanbieder van die geselsprog­ram Gesondheid, Prontuit, meen ons is goed voorbereid op enige scenario. “Die eerste vlaag van Covid-19 het die departemen­t van gesondheid en hospitale landwyd hard getref. Maar soos dinge nou lyk, glo ek ons is beter voorbereid met nuwe regulasies by hospitale, prosedures en voorkoming­smiddels, soos inentings.”

Dr. Theron begin die derde seisoen van Gesondheid, Prontuit deur te fokus op die newe-effekte en behandelin­g van lang Covid-19, soos hy daarna verwys (episode 1, 13 Julie). “Hoewel die nuutste Covid-variant jou nie doodmaak nie, is sy effek langdurig en kan jy vir tot ’n jaar nadat jy dit gehad het, nog met uiterste moegheid sukkel. In ernstige gevalle kan mense se longe selfs onherroepl­ike skade opdoen,” verduideli­k hy.

Ander sake wat in seisoen 3 bespreek word, sluit in: diabetes tipe 1 (episode 3, 27 Julie), hipertensi­e (episode 4, 3 Augustus), hartversak­ing (episode 5, 10 Augustus) en orgaanoorp­lanting (episode 6, 17 Augustus). Dr. Theron sê kykers se terugvoeri­ng oor die eerste twee seisoene was wonderlik en baie mense het gesê hulle het vir toetse en behandelin­g gegaan vir siektes waarvan hulle op die program gehoor het. “Dit maak alles die moeite werd,” sê hy. “Die reeks werk, want ons het pasiënte met eerstehand­se ervaring van siektes en hulle vertel daarvan: Hoe hulle die ergste oorkom het, of hoe hulle steeds daarteen stry. Vir meer kan ek nie vra nie.”

 ?? ?? Dr. Rust Theron is terug om kykers oor gesondheid­sake in te lig.
Dr. Rust Theron is terug om kykers oor gesondheid­sake in te lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa