TV Plus (Afrikaans)

Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 18:00 Sepie

-

Die stof het nog skaars gaan lê nadat die verhouding tussen die aantreklik­e kondisione­ringsafrig­ter van die Stryders-rugbyspan Jordan (Theodore Jantjies) met die feeks Amanda (Natasja Jacobs) op die lappe gekom het kort nadat hy en Bibi (Stephanie Petersen) ’n maand terug geskei is, toe die volgende skok tref: Jordan het Schalk (Johan Scholtz), ingelig hy gaan nie sy kontrak by die Stryders hernu nie.

Theodore sê die hoofrede waarom Jordan sy tasse pak, is doodeenvou­dig: “Jordan het tot die slotsom gekom hy kan nie vir enigiemand ’n goeie lewensmaat wees as hy nie eers deeglik aan homself werk nie. Jordan moet eers intense selfonders­oek doen voordat hy ’n nuwe blaadjie kan omslaan.”

Maar soos hulle sê, spyt kom altyd te laat. “Jordan voel ontsettend skuldig omdat hy iemand so dierbaar en liefdevol soos Bibi se hart gebreek het. Hy besef Bibi is ’n juweel en hy weet hy sal nooit weer in sy lewe iemand iemand kry wat naastenby so ’n goeie hart soos Bibi het nie,” verduideli­k Theodore.

Wanneer die nuus oor Jordan se bedanking bekend raak, is Lienkie (Mandi du Plooy-Baard) ontstoke, want sy meen Amanda is die skurk in die verhaal en het Bibi en Jordan se huwelik verwoes.

Wanneer die bestuur van die Stryders die spelers vertel Jordan gaan die Stryders verlaat, is almal bekommerd oor die rugbyspan se toekoms. Wie gaan Jordan se skoene volstaan?

• Lees meer op bl. 30.

LANDBOU Theodore het as medeaanbie­der by die program Landbouwee­kliks [Dinsdae op VIA (*147) om 17:30] aangesluit. Hy was ook mederegiss­eur by Getroud Met Rugby tot verfilming gestaak is.

 ?? ?? Jordan, die Stryders se kondisione­ringsafrig­ter, hernu nie sy kontrak nie.
Jordan, die Stryders se kondisione­ringsafrig­ter, hernu nie sy kontrak nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa