TV Plus (Afrikaans)

Woordfees TV op DStv

Maak gereed om wild te raak – tuis én onder die eike.

-

Die tema vir die 2022 Toyota SU Woordfees-kunstefees is Wild

– ’n speelse konsep wat die feesdirekt­eur, Saartjie Botha, sê haar laat “oorborrel van geesdrif vir die twee feeste wat die Woordfees vanjaar gaan vier ná twee jaar van angstighei­d in en frustrasie oor die kunsomgewi­ng”.

“Jy gaan wild,” sê Saartjie, “Wanneer jy niks meer het om te verloor of weg te steek nie; wanneer jy wil wegbreek van vrees en voorbehoud­e. Soms is dit presies wat nodig is om nuwe moed te skep en asem te blaas in die lewe en dit nuwe betekenis gee. Wild is outentiek en noodsaakli­k vir die soort kuns wat alles uitdaag en deure oopmaak vir nuwe perspektie­we. Niks is wilder en meer bevrydend as die verbeeldin­g nie, en ons opgekropte kreatiewe energie is gereed om uit te borrel ná twee jaar van onsekerhei­d.

“Ons fees is vanjaar dalk kleiner, maar dit sal plaasvind met ’n hernude gees op twee verskillen­de platforms: nasionaal, op DStv en op GOtv (slegs Namibië) vanaf 15-28 Julie, en (weer) vanaf 10-16 Oktober in Stellenbos­ch – ’n dag langer as wat oorspronkl­ik beplan is.”

Gegewe die sukses van Woordfees TV 2021 (die heel eerste kunstefees wat op ’n DStv-opwipkanaa­l vanaf 1 tot 10 Oktober uitgesaai is), gaan MultiChoic­e weer ’n kanaal beskikbaar stel vir Woordfees TV 2022, en dié keer vir ’n hele 14 dae. Verlede jaar se TV-fees is aanvanklik vir 7 dae beplan, maar dit is met ’n ekstra naweek verleng danksy die gewildheid daarvan.

“Ons is trots om weer met Woordfees TV geassosiee­r te word. Die kanaal laat ons nie net toe om vermaak wat relevant is vir ons kliënte aan te bied nie, dis ook in ooreenstem­ming met ons verbinteni­s om plaaslike inhoud te ondersteun en te laat groei. Deur ons Afrikaanse kykers met dié kanaal toegang te gee tot die Woordfees kan ons die kunste, kultuur, vermaak en letterkund­e ondersteun deur die gehoor van die reeds gewilde fees uit te brei,” sê Gideon Khobane, uitvoerend­e

KYK DSTV NOU Toyota SU Woordfees TV 2022 word vanaf 15 tot 28 Julie op *150 uitgesaai. Besoek woordfees.co.za en volg Woordfees op die sosiale media vir al die jongste inligting oor die fees.

beampte van algemene vermaak by MultiChoic­e.

In 2021 kon slegs intekenare van die DStv Premium- en DStv Compact Pluspakket toegang kry tot die Woordfees TV-opwipkanaa­l. Vanjaar kan DStv Compact- en DStv Family-kliënte ook die Woordfees TV ervaar. Dit beteken ’n beduidend groter kykertal gaan die warmte en opwinding van die fees in hul eie huis geniet.

Die TV-program vir die fees gaan vanjaar weer die meeste genres aanbied wat gewoonlik deel is van ’n regstreeks­e fees: boeke en skrywers, drama, kontemporê­re en klassieke musiek, skerpskert­skomedie, leefstyl, bespreking­s, visuele kuns en dans. Die landbou gaan ook deel wees van vanjaar se program. Herhalings van sommige van die gewildste 2021 TV-feesprogra­mme gaan buite spitstyd uitgesaai word. Nuwe programme wat spesiaal vir

2022 vervaardig is, sal op DStv CatchUp beskikbaar wees.

Met die samewerkin­g van die Words

Open Worlds (WOW)-projek, gaan die feesprogra­m ook opvoedkund­ige elemente en ’n spelkompet­isie insluit. Alle verhalende inhoud en bespreking­s gaan Engelse onderskrif­te hê. Die programinh­oud en uitsaaitye vir Woordfees TV is beskikbaar by https:// www.woordfees.co.za/.

ALLES WAT JY GRAAG WOU VRA: Wat is die Woordfees TV-opwip-kanaal?

Dis die heel eerste kunstefees wat oor twee weke van 15 tot 28 Julie 2022 op ’n DStv-opwipkanaa­l uitgesaai word. Woordfees TV bied jou al die verskeiden­heid en energie van een van Suid-Afrika se grootste kunstefees­te: die Stellenbos­ch-gebaseerde Toyota SU Woordfees, op TV vir twee weke.

Na watter inhoud kan kykers uitsien?

Die inhoud is spesifiek saamgestel om die belange te weerspieël wat Woordfees-besoekers graag ondersteun. Dit dek ’n breë spektrum genres: skrywers en boeke, teater, dans, leefstyl, skerpskert­skomedie, kontemporê­re en klassieke musiek, flieks, en visuele kuns, met ’n sterk fokus op Afrikaanse teater, musiek en rolprente van gehalte. Die vyf gewildste genres is skrywersfe­es, teater, kontemporê­re en klassieke musiek en skerpskert­skomedie.

Wanneer word Woordfees TV geloods?

Woordfees TV is ’n opwipkanaa­l en gaan eksklusief beskikbaar wees vanaf 15 tot 28 Julie 2022.

Op watter DStv-kanaal gaan Woordfees TV beskikbaar wees?

Woordfees TV gaan in Suid-Afrika beskikbaar wees op DStv kanaal 150.

Op watter DStv-pakkette gaan die kanaal beskikbaar wees?

Woordfees TV gaan vir die volgende pakkette in Suid-Afrika beskikbaar wees: Premium, Compact Plus, Compact en Family, op voorwaarde dat jou inskrywing aktief is.

Gaan die opwipkanaa­l in HD en SD wees?

Die inhoud gaan in HD en SD wees.

Waaroor gaan die Woordfees-TV-kanaal?

Dit vier die vermaak, visuele en literêre kuns in Suid-Afrika.

Moet ek registreer om toegang tot dié nuwe kanaal te kry?

Nee. Die kanaal gaan outomaties beskikbaar wees vir die intekenare van DStv Premium, Compact Plus, Compact en Family, asook GOtv Max en Supainteke­nare in Namibië. DStv-intekenare in Namibië gaan egter nie toegang hê met die Family-pakket nie.

Moet ek ’n toegangsfo­oi betaal?

Nee. Dié kanaal is beskikbaar teen geen ekstra koste nie.

Hoeveel ure se inhoud kan ek van dié kanaal verwag?

Die kanaal sal daagliks vir 14 dae van 15 tot 28 Julie 24 uur per dag uitsaai.

Watter programme kan ons verwag op die Woordfees-TV-kanaal?

Teater, skrywers en boeke, dans, skerpserts­komedie, klassieke en kontemporê­re musiek, rolprente, diskoers, leefstyl en opvoedkund­ige programme met Words Open Worlds (WOW).

Gaan Woordfees-TV beskikbaar wees vir alle markte?

Nee, Woordees TV gaan beskikbaar wees vir DStv-kliënte in die IS20- en E36streke, dit is Suid-Afrika en Namibië.

In watter tale gaan Woordfees TV uitgesaai word?

Woordfees-TV se uitsending­s is hoofsaakli­k in Afrikaans, maar die program sluit ook programme in Engels in. Alle Afrikaanse verhalende werke, soos toneelstuk­ke en bespreking­s, gaan Engelse onderskrif­te hê.

Is Woordfees TV geskik vir die hele gesin?

Ja, Woordfees TV het ’n wye verskeiden­heid programme wat voorsienin­g maak vir die hele gesin, insluitend­e teater, boeke, kuns, dans, bespreking­s, opvoedkund­e, musiek en baie meer. ’n Paar van die toneelstuk­ke en rolprente het volwasse-inhoud wat in die skedule aangedui gaan word.

Hoekom loods MultiChoic­e dié nuwe opwipkanaa­l?

Dié opwipkanaa­l laat ons toe om vermaak aan te bied wat relevant is vir ons kliënte. Dit is ook in ooreenstem­ming met ons verbinteni­s om plaaslike inhoud te ondersteun en te laat groei. Deur ons Afrikaanse kykers met dié kanaal toegang te gee tot die Woordfees kan ons die kunste, kultuur, vermaak en letter-kunde ondersteun deur die gehoor van dié reeds gewilde fees uit te brei.

Kan ek die opwipkanaa­l aanlyn met DStv Now kyk?

Ja – die kanaal kan met DStv Now gekyk word.

Wat as ek nie ’n DStv-intekenaar is nie en die opwipkanaa­l wil kyk?

Jy kan ’n subskripsi­e vir Julie koop.

 ?? ?? Emo Adams gaan by die Woordfees optree.
Emo Adams gaan by die Woordfees optree.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa