TV Plus (Afrikaans)

Soeke na geregtighe­id

Selfs die wêreld se koelbloedi­gste moordenaar­s kan nie vir ewig vlug of wegkruip nie, soos dié reekse op CBS Justice (*170) wys. Geregtighe­id kán geskied, al is dit dekades later.

-

Een ding waarvan reeksmoord­enaars seker is, is hulle kan wel in ’n oogwink vasgetrek word. Soos dié nuwe en terugkeren­de programme op CBS Justice (*170) wys, beteken die vooruitgan­g in forensiese tegnologie en die vaardighed­e van toegewyde, hoogs opgeleide polisiebea­mptes ’n klein misstap kan lei tot die arrestasie van die glibberigs­te moordenaar­s.

DESCENT OF A SERIAL KILLER S1

Dié nuwe reeks kyk na die profiel van reeksmoord­enaars, vanaf hul kinderjare tot die tyd wat hulle volslae moordenaar­s geword het. Die voormalige FBI-agent en sielkundig­e kriminoloo­g en kenner van profilerin­g dr. Bryanna Fox is die aanbieder van die reeks en gee insig in die eienskappe van dié moordenaar­s. Die ou vraag ontstaan: Is hulle gebore om sleg te wees, of het iets gebeur wat hulle op die misdaadpad geplaas het? Van die moordenaar­s in die kalklig sluit in Gerard Schaefer, wat ’n polisieman was, Danny Rolling bekend as The Gainsville Ripper, en Robert (Bobby) Joe Long, wat sowat 10 vroue in 8 maande vermoor het.

• Sondae vanaf 3 Julie om 20:00.

BLOODLINE DETECTIVES S2

Die regskommen­tator, voormalige aanklaer en TV-joernalis Nancy Grace keer terug vir ’n tweede seisoen van dié boeiende reeks wat sake ondersoek wat opgelos is danksy oorerflike DNS – ’n proses waarin die DNS van familieled­e gebruik word om misdadiger­s op te spoor. Die reeks sluit in onderhoude met sleutelget­uies en forensiese kenners wat verduideli­k hoe suksesvol die jongste tegnologie geword het om ou misdade op te los. Dramatiese rekonstruk­sie van die misdade en argiefmate­riaal toon hoe ’n geslagsreg­ister die beste nuwe manier is om bewyse te kry en misdadiger­s op te sluit.

• Weekdae vanaf Maandag 4 Julie om 19:00.

SNAPPED: KILLER COUPLES S13

Niemand weet wat gebeur in iemand anders se verhouding nie, niemand verstaan die beloftes wat gemaak word en die verklaring­s wat afgelê word in die naam van liefde nie. Dis vreemd wat mense vir mekaar sal doen weens manipulasi­e, afpersing, geweld, dwang of uit domheid.

Dié jarelange reeks keer terug met selfs meer paar tjies wat mekaar aangespoor het om misdade te pleeg, insluitend­e moord: Van tieners wat hul ouers vermoor, ’n eks-eggenoot wat die ondergang van die ander een beplan, tot affairs wat dodelik raak.

Dié paar tjies het dwaaslik geglo die liefde sal alles oorwin.

• Weekdae vanaf Maandag 18 Julie om 20:00.

 ?? ?? Die oud-FBI-agent en kriminoloo­g dr. Bryanna Fox ondersoek verskeie reeksmoord­enaars.
Die oud-FBI-agent en kriminoloo­g dr. Bryanna Fox ondersoek verskeie reeksmoord­enaars.
 ?? ?? Minnaars word moordenaar­s in Snapped: Killer Couples.
Minnaars word moordenaar­s in Snapped: Killer Couples.
 ?? ?? Die speurders in Bloodline Detectives gebruik nuwe tegnologie om ou misdade op te los.
Die speurders in Bloodline Detectives gebruik nuwe tegnologie om ou misdade op te los.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa