TV Plus (Afrikaans)

Soos mis voor die eilandson . . .

Bobby van Jaarsveld is in die splinternu­we Spoorloos-reeks met ’n boeiende misterie.

-

Spoorloos: Die Eiland

Seisoen 4 Dinsdae kykNET (*144) 20:00 (begin 19 Julie)

Dis weer hier! ’n Nuwe seisoen van die naelbyt-dramareeks Spoorloos, en dit beloof om selfs meer raaiselagt­ig as die eerste reekse te wees.

Spoorloos: Die Eiland is nes die vorige seisoene, Spoorloos (seisoen 1) Spoorloos: Heksejag (seisoen 2) en Spoorloos: Steynhof (seisoen 3), wat op die aanlyn stroomdien­s Showmax beskikbaar is, ’n losstaande spanningsv­erhaal van agt episodes.

“Soos met die vorige seisoene is daar weer iemand wat spoorloos verdwyn, en die kykers gaan weer lekker kopkrap om die raaisels op te los. En net soos met die vorige stories is daar ’n paar onverwagte wendings wat die spanning tot op die laaste oomblik hoog gaan laat loop,” sê die hoofskrywe­r van die reeks Ilse van Hemert.

Die sanger Bobby van Jaarsveld, wat ook die sangkompet­isiereeks Die Kontrak aangebied het, staan in die skoene van die hoofkarakt­er Stefan Claasen wie se lewe handomkeer verander. En niks kan ooit weer die dieselfde wees tot hy by die waarheid uitkom nie.

WAT JY KAN VERWAG

Stefan is ’n passievoll­e argitek met ’n avontuurlu­stige gees. “Hy is ’n goeie ou en wil nie mense seermaak nie,” sê Bobby. “Ongelukkig word hy in duistere omstandigh­ede gedompel en hy sal enigiets doen om daaruit te kom en sy onskuld te bewys.”

Hierdie duistere omstandigh­ede het te doen met Emma Eloff (Izel Bezuidenho­ut, die jong Anna in die film Dis ek, Anna), ’n vrou wat hy jare gelede terwyl hy nog gestudeer het by

’n koffiewink­el ontmoet het waar sy ’n kelnerin was. Stefan was halsoorkop verlief op Emma, maar sy het eendag soos ’n groot speld uit sy lewe verdwyn. Jare later, terwyl Stefan op pad is na ’n belangrike vergaderin­g vir ’n projek wat hy hoop sy maatskappy sal losslaan, hou hy stil langs die pad om ’n vrou te help wie se motor gaan staan het. Die vrou? Emma, natuurlik!

Al die gevoelens wat hy vir Emma gehad het, word weer binne hom wakker, al is hy nou verloof (lees meer onder). Maar kort nadat Stefan Emma gehelp het, verdwyn sy weer soos mis voor die eilandson . . . Nou word Stefan se lewe net moeiliker, want selfs die polisie dink hy is vir haar verdwyning verantwoor­delik! En dan is daar nog sy seun vir wie hy moet veg, en Emma se man wat ook wonder waar sy is.

’N DROOMROL

Die rol van Stefan is Bobby se eerste ernstige rol op TV en hy is trots daarop. “Ek het al TV-aanbieding gedoen, so ’n bietjie komedie (as Rossouw Breytenbac­h in die komedieree­ks Mense Mense), en musicals met die rolprente Liefling: Die Movie (2010) en As Jy Sing (2013), maar nog nie iets soos dié nie,” vertel hy.

WEES OP DIE UITKYK Die aktrise Zetske van Pletzen (Julia in die sepie Getroud Met Rugby, lees meer op bl. 23 en 47) verskyn as gasspeler in die rol van Kyle. “Sy is ’n Franse korrelkopn­avorser en maak seker die karakters kan veilig in die see gaan met haar haai-afweringst­elsel. Dis baie doeltreffe­nd – solank dit aan ’n kragopwekk­er gekoppel is,” sê die hoofskrywe­r Ilse.

Bobby en sy gesin het ál die vorige seisoene van Spoorloos gekyk en was uit die staanspoor vasgevang in die stories, en hy verstaan waarom dit so gewild is. “Dit gryp jou aandag en hou dit. Om in Spoorloos te speel, is ’n droomrol en ek is dankbaar en bevoorreg ek kon die geleenthei­d kry,” sê Bobby.

Die grootste uitdaging in sy vertolking van Stefan was al die emosies wat die arme man ervaar. “Dis intens. Hy moes ’n paar keer huil en beleef moeilike omstandigh­ede, maar ek dink ek het dit uiteindeli­k met die hulp en raad van die regisseur en my medeakteur­s reg oorgedra, en kykers sal dit in my toneelspel sien.”

DIE LIGGING

Ilse vertel die inspirasie van die eilandligg­ing spruit uit haar kinderdae.

“Ek het grootgewor­d op ’n eiland in die St. Lucia-riviermond­ing waar my pa haainavors­ing gedoen het. Ek wou nog altyd ’n reeks op ’n eiland laat afspeel – of ten minste gedeelteli­k, want dis ’n peperduur droom,” voeg sy by.

Spoorloos: Die Eiland speel af op die fiktiewe Stedler-eiland, suid van Madagaskar en wes van Durban. “In werklikhei­d is tonele vir die reeks langs die kuslyn in KwaZulu-Natal en op plekke in Johannesbu­rg verfilm,” sê die regisseur en vervaardig­er Christo Davids, wat ook by die vorige twee seisoene van Spoorloos betrokke was.

Danksy Ilse se kennis van haar pa se navorsing oor haaie duik dié gevreesde visse ook in die storielyn op. “Ek kan nie nou te veel daaroor uitlap nie, maar wat ek wel kan sê is een van ons grootste uitdagings tydens die verfilming van die produksie was beslis om op see te skiet,” sê Christo. “Niemand kan die currents werklik voorspel nie.”

 ?? ?? Stefan Claasen se lewe verander handomkeer wanneer hy ná jare weer vir Emma sien.
Stefan Claasen se lewe verander handomkeer wanneer hy ná jare weer vir Emma sien.
 ?? ?? Emma (foto) is langs die pad gestrand wanneer Stefan daar opdaag.
Emma (foto) is langs die pad gestrand wanneer Stefan daar opdaag.
 ?? ?? Belinda (regs) is Lenny se ma en Stefan is sy pa. Sy wou eers haar swangerska­p beëindig.
Belinda (regs) is Lenny se ma en Stefan is sy pa. Sy wou eers haar swangerska­p beëindig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa