TV Plus (Afrikaans)

Kans om jouself te bewys

Altesame 20 voormalige gestrandes wat iets wil bewys, keer terug vir nóg ’n oorlewings­tryd in Survivor South Africa.

-

Survivor South Africa: Return Of The Outcasts

Seisoen 9 Ma.-Do. 18:00 M-Net (*101) 18:00 (begin 18 Julie)

Wanneer gestrandes uitgestem word uit die avontuurre­aliteitsre­eks Survivor South Africa en hul fakkels deur die aanbieder Nico Panagio geblus word – wat die einde van hul reis in die kompetisie aandui – stap hulle gewoonlik weg van die stamraad met ’n kop wat hang van teleurstel­ling, want hulle kon nie die spel wen nie. Sommige word egter ’n geleenthei­d gebied om dit oor te doen . . . Vir die eerste keer in die plaaslike franchise se geskiedeni­s, keer 20 gestrandes van die eerste vyf seisoene van Survivor SA terug vir ’n herontmoet­ing in Return Of The Outcasts.

Dié 20 deelnemers sal fisieke en geestelike uitdagings aan die Oos-Kaapse Sonskynkus trotseer, en hulle gaan alles doen om nie huis toe gestuur te word nie. Die wenner kry ’n yslike kontantpry­s, asook die titel Sole Survivor. “Almal het ’n agenda – of dit nou is om verder te vorder as tevore of om af te reken met ’n ander gestrande,” sê Nico, wat byvoeg die deelnemers wat terugkeer is meer berekend en hul aandag word nie so maklik afgelei nie.

“Hulle is vanuit die staanspoor hiperbewus van hul omgewing. Hulle is gereed om met hand en tand te veg om te wen, wat die seisoen opwindend maak,” sê die aanbieder.

OUTWIT,OUTPLAY, OUTLAST

Die deelnemers sluit in strateë wat onvergeetl­ike uitskakeli­ngs georkestre­er het, rekordbrek­ers en selfs meesterman­ipuleerder­s.

Nico sê dié seisoen gaan vol kinkels wees. “Die gestran- des het hul spelpeil verhoog, en die uitdagings is meer gevorderd. Julle sal sien hoe die stamme om oorlewing veg,” voeg Nico by, wat die rol van speurder Marco Andino in die M-Nettelenov­elle Legacy (lees meer op bl. 36) gespeel het.

Die groep is verdeel in twee stamme met 10 spelers: Die blou Masu-stam sluit gestrandes in wat in hul seisoen in die verlede die samesmelti­ng gehaal het, terwyl die rooi Yontau bestaan uit dié wat voor die samesmelti­ng gespeel het. “Die deelnemers het met vuur in hul oë opgedaag. Ek kan met vertroue sê ons het dit die moeite werd gemaak,” sê Nico. Boonop gaan die reeks nou vier dae van die week uitgesaai word, kykers kan dus die aksie kettingkyk.

Wie is terug vir nóg ’n ronde van rugstekery en konkel? Ontmoet die spelers.

IN ’N ANDER TAAL Die stamname Yontau en Masu is afgelei van Vulcan – ’n fiktiewe taal wat in die Star Trek-sci-fi-flieks en TV-program gebruik is.

Dit beteken onderskeid­elik vuur en water.

 ?? ?? Nico Panagio is weer die aanbieder.
Nico Panagio is weer die aanbieder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa