TV Plus (Afrikaans)

Bou jou geldsake

Nicolette Mashile neem ons terug na haar kinderjare om ons te vertel van die geldoombli­kke wat haar gevorm het.

- Sanlam Moola-Money Family Game Show

Seisoen 2 Sondae SABC2 (*192) 19:30

Die aanbieders Nicolette “The Financial Bunny” Mashile en Tyson Ngubeni (alias Bob O’Conner) is terug op SABC met die Sanlam Moola-Money Family Game Show, die program wat finansies van vrees in pret verander! Ons het die tyd teruggedra­ai om Nicolette se vroeë finansiële keerpunte te besoek . . .

DAAR’S RYKES EN ARMES

Nicole het vroeg geleer geld maak deure oop. Hoewel haar pa al haar skooluitga­wes vooruit betaal het, het sy begroting nie ekstras ingesluit nie, soos interhuis-sportunifo­rms by haar nuwe laerskool. Hy kon net nie meer bekostig nie. Hoewel Nicolette opgewonde was en gereed om in haar gewone skoolunifo­rm te hardloop, , het sy nooit nie, want dit is nie toegelaat aat nie. “Ek dink dis die dag wat ek besef sef het daar is ’n groot verskil tussen kinders met geld en kinders sonder r geld. Dit het my so seergemaak.

Selfs nou wanneer ek weens geld nie sekere goed kan kry nie, vra ek: k: ‘Hoekom kan ek dit nie kry nie?’ Ek k dink dis die 9-jarige in my wat sê jy y kan nie hardloop nie, want my pa het nie genoeg geld gehad om vir my die interhuisd­rag te koop nie.”

EK SPAAR!

“Toe ek 10 jaar oud was, het my pa vir my en my suster Bridget elke ke e dag R5 gegee om kos te koop op pad skool toe. Hy het altyd vir ons gesê: ‘Julle moet R3,50 spandeer en R1,50 hou vir brood’.” Omdat sy ’n kind was, het Nicolette natuurlik die hele R5 uitgegee. “Maar my suster het t op ’n manier altyd die hele R3 gehad ha ad om die brood te koop. Sy het verwag wag dat ek al my geld sou uitgee,” erken en

Nicolette.” Maar sy onthou ’n jaar toe ’n vurige passie haar aangespoor het om ’n Tamagotchi (’n digitale “troeteldie­r”) te koop. En toe Bridget onttrek aan die projek om vir een te spaar, het Nicolette aanhou spaar en geslaag. “Iets magies het gebeur die eerste keer dat ek vir iets gespaar het wat my eie was,” vertel sy.

MY EERSTE BESIGHEID

Nicolette het op hoërskool die besigheids­wêreld betree: Sy het versnaperi­nge aan haar koshuissko­olmaats verkoop uit ’n onwettige snoepie, wat sy en haar vriendin, Clementine, bestuur het. “Skielik het ek geld gemaak met my eie pogings. Ek kon beheer hoeveel geld ek gemaak het,” sê sy.

Dit het haar die waarde van ’n perfekte sakevennoo­t geleer. “Clementine was die soort vriendin vir wie almal bang was. Ek het die verkope en bemarking gedoen, en sy het ’n boek gehad waarin sy geskryf het: ‘Louise skuld ons soveel, Megan skuld ons soveel’.” Clementine het haar ook van pryse geleer. “Aanvanklik het ek dieselfde prys gevra as waarvoor ek die goed gekoop het, en Clementine het verduideli­k: ‘Nee, ons moet geld maak!’” Daar was egter ’n nadelige kant om hope geld te hê sonder ’n plan. “Dit het so maklik geword om net die geld te bestee,” sê Nicolette Ni spyt.

MY PA SE KIND

Die volwasse Nicolette bewonder be nou haar pa se ver verstandig­heid. “Waar geld saakmaak, saa het my ouers nie afgeskeep af nie. Ek het die R Rhodes-universite­it bygew woon, en in die koshuis g gebly. My pa het ons almal u universite­it toe gestuur, en ind indien jy iets nagraads wou doe doen, sou my pa steeds betaal. Ons het nie luukshede gehad nie, maar ons het alles gehad wat ons benodig het. Maar as ek nou na my ouers kyk, sien ek hulle het baie drome en begeertes geer tes wat hulle onderdruk het, om ons ’n voorsp voorsprong te gee,” sê Nicolette. “In ’n mate i is ek trots, maar aan die ander kant i is dit soms beperkend.”

The Sanl Sanlam Moola-Money Family Game Show, Show kan ons dalk inspireer en wenke gee om ons eie drome – en dié van familie familieled­e – te verwesenli­k.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa