TV Plus (Afrikaans)

SCHALK EN JANA

-

Nóg drama wat in die volgende twee weke op ons wag, behels juis die paartjie Jana en Schalk, asook Riana (Eloise Clasen).

Riana en Schalk ken mekaar al lank en was familie toe Schalk met Riana se oorlede suster Lanie (Hanli Rolfes) getroud was. “Riana werk tans saam met Schalk aan ’n projek vir minderbevo­orregte kinders en namate hulle meer tyd saam deurbring, het haar gevoelens vir hom – wat sy al vir jare vir hom weggesteek het – weer na vore gekom en sy het hom vroeër in Julie gesoen! Schalk het haar dadelik weggestoot, want hy is lojaal teenoor Jana en natuurlik lief vir Jana,” sê Johan.

Maar die groot fout wat Schalk maak, is om dit vir Jana weg te steek. “Jana voel al geruime tyd aan daar is iets aan die gang met Riana wat soveel tyd saam met Schalk deurbring,” sê Juanita. Wanneer Schalk Jana uiteindeli­k van die soen vertel, is sy woedend. “Sy verstaan dit het net van Riana se kant af gekom, maar sy is kwaad omdat Schalk die waarheid weerhou het terwyl sy sit en oor wat aan die gang is,” sê Juanita.

Jana vat vir Riana vas en maak dit duidelik Riana moet onttrek aan die projek wat sy saam met Schalk doen en iemand kry om by haar oor te neem. Kort daarna sê Jana vir Schalk sy gaan vir ’n ruk uit hul huis trek om oor hul toekoms te dink. En dit vang Schalk heeltemal onkant.

“Hy besef ál manier hoe hy dinge kan regmaak en aan Jana kan bewys hy is toegewyd aan haar, is om vir haar ’n ring aan haar vinger te sit,” sê Johan.

Jana is stomgeslaa­n wanneer Schalk haar begin Augustus die jawoord vra. “Ek kan nie verklap hoe hy dit doen nie, maar dit gaan op sy manier romanties en komieklik wees,” sê Juanita, wat dink Schalk moes al lankal op een knie afgegaan het.

“En die kersie op die koek is sy, Schalk en Riana maak ook vrede,” voeg Juanita by. Dít moet ons sien!

 ?? ?? Jana (regs) is keelvol en laat Riana (links) mooi verstaan wie met Schalk in ’n verhouding is.
Jana (regs) is keelvol en laat Riana (links) mooi verstaan wie met Schalk in ’n verhouding is.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa