TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepies

-

“Sharon Basson is ’n gedrewe vrou wat nie rus voor sy kry wat sy wil hê nie,” sê die aktrise Marissa Classen (’n TV-nuweling) oor haar karakter in die sepie Binnelande­rs. “Sy jaag weelde, sukses en ’n gemaklike leefstyl na.” Sy wil dus seker maak die kontrak tussen die Binnelandk­liniek en haar man (nie op die skerm nie) se mynmaatska­ppy, Magalies Mining, word beklink sodat sy sakke vol geld kan maak. “Die kontrak wat Sharon wil beding, is Binneland se diens as ’n mediese verskaffer vir haar mynwerkers. Indien werkers beseer word, sal hulle dadelik na Binneland gaan vir behandelin­g. Drs. Conrad (Hykie Berg) en Annelize (Cindy Swanepoel), die HUB van die hospitaal, sien net geld wanneer dit by besigheid met ’n mynmagnaat se vrou kom, maar dinge loop vinnig skeef wanneer hulle besef Sharon verberg ’n paar dinge,” sê Marissa.

Ons mag nie sê hoe die kontrak tussen Magalies Mining en Binneland verloop nie, maar kort daarna laat Sharon mense by die hospitaal ongemaklik voel wanneer sy optree asof sy die baas is.

Van die mynwerkers begin by Binneland opdaag, en ’n ontstelde voorman wek agterdog wanneer hy vreemde dinge kwytraak (mag nie verklap nie).

Marissa sê dit was vir haar ’n fees om op Binneland se stel wees in haar eerste TV-rol. “Ek het my dramagraad in 2013 gekry en is sedertdien met verskeie teaterprod­uksies landwyd besig. Om ná soveel jaar van teater na televisie oor te skakel, was ’n uitdaging, maar elke uitdaging maak my ’n beter aktrise.”

Sharon sorg vir baie drama. “Conrad en Annelize sal ’n paar hase uit hul hoed moet trek, want dit lyk asof Sharon hulle altyd ’n tree voor is,” sê Marissa. Lees meer op ble. 22 en 23.

 ?? ?? Sharon Basson gaan drama by die Binneland-kliniek veroorsaak.
Sharon Basson gaan drama by die Binneland-kliniek veroorsaak.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa