TV Plus (Afrikaans)

Bewonder & Bewaar Met Bonné De Bodd

Seisoen 1 Sondae kykNET (*144) 20:00 Herhaling Dinsdae 21:30 Natuurprog­ram

-

Natuurbewa­ring is vir Bonné de Bodd ’n passie wat haar baie na aan die hart lê. In die nuwe natuurprog­ram Bewonder & Bewaar Met Bonné De Bodd vaar dié TV-persoonlik­heid, bewaarder, en filmmaker die ongerepte wildernis van SuidAfrika, Namibië en Argentinië in en gesels met kenners en navorsers wat werklik ’n verskil in die natuur maak. “Hul pionierswe­rk is op die voorpunt van bewaring,” sê Bonné wat ’n veldaanbie­der (2010-2016) in Suid-Afrika se oudste natuurprog­ram, 50/50, was. Die 11de seisoen word tans op Maandae om 19:00 op SABC2 (*192) uitgesaai.

“Ons wys programme en instansies wat woestynlee­us in die Namib-woestyn ondersoek, pikkewyne op Dasseneila­nd in die Atlantiese Oseaan, en poemas in Argentinië,” vertel Bonné. Daar is 13 episodes waarvan 4 (episodevol­gorde is nog nie afgehandel nie) gewy word aan die Krugerwild­tuin en die lofwaardig­e werk van veldwagter­s, veeartse en navorsers met olifante en wildehonde,” sê Bonné.

Daar is talle uitdagings in die maak van ’n natuurprog­ram wat die werk kan vertraag. “Met dié reeks was die red

tape om in die Patagonië-natuurpark in Argentinië te verfilm uiters frustreren­d. Die pandemie was ’n probleem, want ons is minute voor ons in November na Argentinië sou vertrek, weggewys toe die Omikron-variant in SA gevind is. Ons kon eers in Februarie gaan.” Stormwinde en hitte het ook verfilming bemoeilik.

Bonné sê om ’n verskil in die natuur te maak, kan jy die gesprek oor bewaring lewendig te hou – veral op die sosiale media. “En na programme soos dié kyk en dit ondersteun,” voeg sy by.

 ?? ?? Bonné de Bodd (foto) trotseer die Namibwoest­yn om meer oor woestynlee­us te leer in die nuwe natuurprog­ram.
Bonné de Bodd (foto) trotseer die Namibwoest­yn om meer oor woestynlee­us te leer in die nuwe natuurprog­ram.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa