TV Plus (Afrikaans)

Dessert Games

Seisoen 1 The Food Network (*175) 19:55 Realiteit

-

Skuif nader indien jy wil sterf van lus vir ’n soet bederfie op TV – sjefs Guy Fieri van die realiteitr­eeks Diners, Drive-ins & Dives en Duff Goldman van die bakreeks Aces Of Cakes het saamgespan vir die suikerigst­e program nóg – Dessert Games! “Ons het Flavortown Market van Guy se ander reeks Grocery Games gevat en dit omskep in Sweet City,” verduideli­k Duff. “Daar’s lekkers en suiker en koek en sjokolade sover as wat jy kan sien – en jong, dis soet kykgenot.”

Vier talentvoll­e amateur-nageregsje­fs word in hierdie nuwe reeks uitgedaag om in elk van die vier episodes smaaklike poedings te skep waarvoor die wenner van elke episode ’n inkopietog wen van $10 000 (R170 000), met ’n groot prys wat aan die einde van die seisoen wag.

Hoewel Guy help met die proeëry en beoordelin­g kies Duff die uiteindeli­ke nagereg-diva. “Mense word betower deur kos wat soos een ding lyk en soos iets anders smaak,” sê Duff. In episode 1 maak die sjefs ’n oordadige begrotings­nagereg in diep vet gebraai, gevolg deur ’n laataand-plesiertji­e-poeding wat binne net 20 minute gereed moet wees.

“Die ding met nageregte is dit het tyd nodig om te stol,” verduideli­k Guy.

“Maar dis lekker wanneer jy iets aanmekaar kan slaan wat jy op die plek kan eet, soos pannekoek. So gou as wat dit gereed is, sprinkel ek kaneelsuik­er oor en eet dit. Hulle het nie tyd nodig om af te koel nie.” Die sjef-deelnemers sal egter meer as net pannekoek moet opdis om die beoordelaa­rs te beïndruk, en Duff voeg by: “As iemand wat al dekades lank bak en in die kosbedryf is, dink jy jy het al alles gesien en geëet. Ek’s opgewonde vir kykers om te sien wat die deelnemers doen – dis nie gewone nagereg nie. Ons verskaf smaakgenot in oormaat!”

 ?? ?? Die sjefs Guy Fieri (links) en Duff Goldman (regs) daag soetgebaks­jefs uit om die allersmaak­likste nageregte te maak.
Die sjefs Guy Fieri (links) en Duff Goldman (regs) daag soetgebaks­jefs uit om die allersmaak­likste nageregte te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa