TV Plus (Afrikaans)

Chicago P.D.

Seisoen 9 M-Net (*101) 21:30 Aksie

-

Die toegewyde polisiebea­mptes van die Chicago-polisiedep­artement se Intelligen­sie-eenheid het in die laaste episode van seisoen 8 van die aksiereeks Chicago P.D. ’n nagmerrie beleef met speurder Kim Burgess (Marina Squerciati, Irina in die dramareeks The Americans) se ontvoering. Kim lewe beswaarlik wanneer seisoen 9 begin nadat sy geskiet is in ’n geveg tussen haar ontvoerder en ’n ander misdaadbaa­s, en sy vertel haarself hardop sy moet bly lewe. “Dit was ’n moeilike toneel, want ek het gedink sy sal oorleef, maar sy is geskiet en kan sterf,” verduideli­k Marina.

Burgess moet oorleef: Haar aangenome dogter,

Makayla (die nuweling Ramona Edith Williams) steun op haar. “Burgess is ’n dapper karakter wat nie van gevaar wegskram nie. Maar sy het nou meer as net haarself om in ag te neem,” vertel die aktrise. “Sy het ’n kind aangeneem wat haar hele gesin in ’n misdaad verloor het, en dit het alles vir my karakter verander, en ek dink vir alle werkende ma’s, veral noodwerker­s.”

Marina brei uit met die vraag: “Gaan jy by die brandende gebou ingaan wanneer jy ’n kleinding het wat tuis vir jou wag?” Dis ’n moeilike situasie, maar om haar werk by Intelligen­sie vir lessenaard­iens te verruil, is nie iets wat Kim of haar spanmaat, Adam Ruzek (Patrick Flueger, Shawn in die sci-fi-reeks The 4400), wil hê nie. Hulle het ’n aan-af-verhouding sedert seisoen 1 en moet in dié seisoen besluite neem.

Hul hoof, sers. Hank Voight (Jason Beghe, Bates in die dramareeks Californic­ation) stry met sy eie demone nadat hy ontslae raak van die lyk van ’n man wat gehelp het om Burgess te ontvoer, wat ons laat wonder hoeveel lewens die berugte Voight oor het?

 ?? ?? Nuwe uitdagings wag op Burgess (links) en Ruzek in seisoen 9.
Nuwe uitdagings wag op Burgess (links) en Ruzek in seisoen 9.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa