TV Plus (Afrikaans)

‘Reis is my passie’

Toer saam met Gerrie in die nuwe seisoen van Leef Jou Reis!

- Leef Jou Reis

Dit neem die reisghoero­e Gerrie Pretorius net twee jaar om sy paspoort vol stempels te kry soos hy die wêreld vol rits. Maar hy maak seker hy het nog een reg. “Ja, ek het twee. Jy noem hulle Maxi Touristpas­poorte wat 48 bladsye het en dit word slegs uitgereik aan mense wat gedurig reis,” sê Gerrie.

Daar is natuurlik vereistes aan so ’n paspoort verbonde – asook ekstra koste – maar vir Gerrie is dit ’n noodsaakli­kheid vir sy TV-program

Leef Jou Reis wat onlangs met sy 11de seisoen op kykNET afgeskop het. En dis tyd om saam met Gerrie te kyk waar daar nog plek vir doeane-stempels is.

PLAASLIK EN INTERNASIO­NAAL

“In die nuwe seisoen verken ek ons pragland, Suid-Afrika, en reis internasio­naal na lande soos Nederland, België en Indië,” sê Gerrie. Omgewings soos Prins Albert in die Wes-Kaap, Graaff-Reinet in die Oos-Kaap en Dinokeng net buite Pretoria is op

Gerrie se plaaslike besoeklysi­e. “En daar wag ’n see van kleurryke tulpe wanneer ek Nederland besoek (episode 4, 30 Julie),” sê Gerrie. “Ek huur ook ’n huisboot en vaar op die kanale tussen die verskillen­de dorpies en maak ’n pitstop by Zaanse Schans waar nog werkende windmeule is.” In episode 5 (6 Augustus) seil Gerrie op die historiese kanale van Nederland op pad na Gouda, die tuiste van die bekende kaas.

KUIER BY ’N OU VRIEND

Voor Gerrie 11 jaar gelede sy reisskoene aangetrek het, was hy ’n gewilde sanger. “Musiek sal altyd my eerste liefde wees, maar reis is my passie,” sê Gerrie wat wegbeweeg het van die musiekbedr­yf toe die druk om gereeld op te tree – en die angstighei­d wat dit vir hom veroorsaak – te veel geraak het. “Ek het toe besluit om my passie my loopbaan te maak,” voeg Gerrie by.

Tydens sy jare as sanger het Gerrie verskeie vriendskap­pe met ander sangers aangeknoop, soos onder meer die internasio­nale ster

Helmut Lotti. “Ek gaan kuier vir hom in die suide van België (in episode 6, 13 Augustus) in Durbuy, die kleinste dorpie in Europa. Ons gesels lekker oor sy loopbaan en sy liefde vir appels. Hy het tans sy eie appelboord in sy agterplaas.”

TOETSUITSL­AE

Reis is nie altyd net pret nie, en Gerrie moes al verskeie uitdagings oorkom – selfs om 42 keer vir Covid-19 getoets te word. “Al die toeste was negatief tot ons van België na Indië wou vertrek en ek ’n vals positiewe resultaat gekry het,” sê Gerrie. “Dit was ’n nagmerrie, want dit het my vlug na Indië vertraag en my kameraman was klaar op pad soontoe.”

Ná ’n groot gesukkel het Gerrie uiteindeli­k ’n negatiewe resultaat gekry en hy kon na Indië gaan (episode 10, 10 September) waar hulle die speseryroe­te volg en uitvaar op rybote op die sogenoemde swartwater­s van die land.

“Ons is almal bevoorreg om ná so ’n verwoesten­de pandemie weer die kans gegun te word om te reis,” sê Gerrie ernstig. “Dis eers wanneer iets jou ontneem word wat jy besef watter waarde dit in jou lewe het. So, lewe voluit vir jou liefdes en passies!”

 ?? ?? Gerrie Pretorius kuier tussen die tulpe en die windmeule in Nederland in die nuwe seisoen van kykNET se reisprogra­m.
Gerrie Pretorius kuier tussen die tulpe en die windmeule in Nederland in die nuwe seisoen van kykNET se reisprogra­m.
 ?? ?? Fietse is die hoofvervoe­rstelsel in Nederland.
Fietse is die hoofvervoe­rstelsel in Nederland.
 ?? ?? Gerrie kuier ook plaaslik in NieuBethes­da in episode 8 (27 Aug) en sien wild soos die luiperd.
Gerrie kuier ook plaaslik in NieuBethes­da in episode 8 (27 Aug) en sien wild soos die luiperd.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa