TV Plus (Afrikaans)

Moeilike keuses

Gaby worstel met haar gevoelens vir Uys en Rian.

-

Gaby (Maude Sandham) kruip tans weg agter ’n lewe van pret en plesier om te vergeet sy wag op haar toetsuitsl­ag om te hoor of sy ook amiotrofie­se laterale sklerose (ALS) het – nes haar pa, Koos (Ryno Hattingh). “Ek mag nie sê wat die uitslag is nie,” sê Maude. “Maar Gaby sukkel daarmee en fokus eerder op dinge wat haar gelukkig maak, soos meer tyd saam met haar ou, Uys (Gerald Steyn).”

Uys is ’n avontuurlu­stige man en dokter, en al geniet hy dit om adrenalien­belaaide aktiwiteit­e saam met Gaby te doen en tot laat in die aand partytjie te hou, besef hy daar is iets wat aan haar krap. Dit laat hom wonder of hul band werklik so heg is soos wat hy dink, want hoekom huiwer sy om haar kwellings met hom te deel as sy dan lief is vir hom?

TROOS BY ’N VRIEND

Uys probeer Gaby ondersteun en haar oorreed om oor haar vrese en die toetsuitsl­ag te praat, maar dit veroorsaak net meer spanning tussen hulle. “Gaby wil dit nie bespreek nie en sê hy moet haar eerder net distract,” sê Maude. Maar dis nie wat Uys wil hoor nie.

Intussen pak Gaby by haar goeie vriend Rian (Erik Holm) af en vertel hom sy is gefrustree­rd. “Gaby vind troos by Rian en praat eerder met hom oor haar probleme, want sy wil nie vir Uys daarmee opsaal nie,” sê Maude.

ROMANTIESE ETE

Gaby probeer gelukkig wees saam met Uys, maar hy kan sien hoe sy haarself dwing om opgeruimd te wees wanneer sy by hom is. Maar wanneer sy in Rian se geselskap is, is Gaby opreg stralend.

Gaby doen moeite om Uys na ’n romantiese ete by haar woonstel te nooi en wanneer hy opdaag, praat hy ernstig met haar en sê hy wil hê sy moet hom vertrou. Hy wil oor belangrike dinge praat en nie net oppervlakk­ige pret najaag nie, maar wanneer Gaby hom weer nie in haar vertroue neem nie, beëindig hy hul verhouding net daar.

Karen (Luandri Reynders), Gaby se bestie, vertroos Gaby, want Gaby se hart is stukkend. Maar haar hartseer verander in woede wanneer sy uitvind Rian het

Uys gehelp om die boodskappe te skryf wat haar in Mei op Uys laat verlief raak het. Boonop erken Uys hy dink Rian het gevoelens vir haar. “Die bekentenis vang Gaby onkant en sy voel hul verhouding was nie op die waarheid gegrond nie,” erken Maude. “Gaby begin tog wonder of Rian regtig iets vir haar voel, en voel sy dalk meer vir hom as net vriendskap? Sy sien hom vir die eerste keer in ’n ander lig en dit kan enigiets vir die toekoms beteken,” sê Maude.

VERLEDE V KEER

Gaby het Rian van haar vrese oor haar moontlike ALS-diagnose vertel, Conrad was vies vir sy p pa, At, wat ’n vreemde magspel begin speel het, en Tertius het Delia gewaarsku. Prof. Struwig se toetsuitsl­ag het drs. Zee en Liam geskok.

IN DIÉ UITGAWE

Conrad is agterdogti­g oor Annelize, Uys moet ’n groot besluit neem, en Tertius tik Zee oor die vingers. Liam vertel Zee nuus oor prof. Struwig, Tracy nooi Sharon Basson op die ingewing van die oomblik vir ete, en Steve en Conrad stamp weer koppe. Julia hoor van Hugo se aanbod, Sharon se gedrag is nie vir almal aanvaarbaa­r nie, en Tracy besef daar is baie aan die gang waarvan sy nie weet nie. Sharon se teenwoordi­gheid veroorsaak ongemak, ’n teksboodsk­ap verwar Gaby, en Zee en Liam fokus op ’n pasiënt se lewe buite die hospitaal. Tertius is nie beïndruk met Liam en Zee nie, Julia verbaas Hugo, en ’n ontstelde voorman maak ’n dokter bekommerd wanneer nóg beseerde mynwerkers by die hospitaal opdaag. Zee en Liam moet prof. Struwig se vrou hanteer, Senzo se aantygings ontlok gemengde reaksies, en Rian verstaan nie Gaby se houding nie. Zee word oor haar hardkoppig­heid aangespree­k, Binneland se verantwoor­delikheid raak ’n twispunt, en Sharon se storie vang Conrad onkant. Sharon se dade en woorde stem nie ooreen nie, Jacques bly ’n doring in die vlees, en Conrad is reg om Sharon te konfrontee­r. Steve wonder hoekom Vicky nie aan ’n skoolaktiw­iteit wil deelneem nie, Conrad en Hugo sit lelik vas, en daar is kommer in ongevalle wanneer Tertius slegte nuus uit Australië kry. • Lees meer op bl. 51.

 ?? ?? Gaby (hooffoto) se vriendskap met Rian (inlas) kan moontlik iets meer beteken.
Gaby (hooffoto) se vriendskap met Rian (inlas) kan moontlik iets meer beteken.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa