TV Plus (Afrikaans)

Jy moet kies!

Maggie en Ryno se huwelik is op die rotse weens Elana se inmengery.

-

Die geboorte van die tienerpaar­tjie Maggie (Daniah de Villiers) en Ryno (Alex van Dyk) se dogtertjie Taylor (Kara Gouws) het hul lewe en toekoms drasties verander. Ryno het die skool verlaat om geld te verdien om sy gesin te onderhou, en Maggie het na Taylor gekyk tot sy weer die kans kon kry om haar matriek te voltooi. Maggie is skerp en droom daarvan om ’n joernalis te word.

Sedert sy in Junie in Ruiterbosc­h aangekom het, het sy en veral klein Taylor diep in die kroegeiena­ar Elana (Esther von Waltsleben) se hart gekruip. Elana sien die potensiaal in Maggie raak en wil graag hê Maggie moet haar drome navolg en matriek voltooi. Maar wanneer Ryno ’n werk by ’n myn in die dorpie Dankbaar in die Vrystaat kry, weet Elana die kans is skraal dat Maggie haar eie drome sal kan najaag. Dit pla Elana dat Maggie haar toekomside­ale moet prysgee oor haar man se werk, en onbewustel­ik dryf Elana ’n wig tussen Maggie en Ryno in met hartverske­urende gevolge.

HARDE WOORDE

Ryno besef Elana sit agter die krapperigh­eid tussen hom en Maggie en konfrontee­r haar. “Ryno sê vandat Elana in hul lewe gekom het, het Maggie van hom af begin wegdryf,” sê Esther. “Dit kwes Elana baie en dit ontaard in ’n groot uitval.”

Omgekrap weens die rusie met Elana praat Ryno met Maggie en plaas druk op haar om saam met hom na Dankbaar te verhuis. “Ryno glo hulle moet as ’n gesin saam wees. Ryno is regtig lief vir Maggie en Taylor en wil net die beste vir hulle hê. Dit is regtig moeilik vir hom sonder hulle. Hy stel dus ’n ultimatum aan Maggie om te kies tussen hom en Elana,” sê Daniah.

SKULDGEVOE­LENS

Maggie is verward en nie gewoond aan Ryno wat vyandig is teenoor haar en veral Elana nie, en daarkom kies Maggie om eerder in Ruiterbosc­h – en onder Elana se vlerk – te bly. “Elana laat Maggie glo Maggie sal ’n beter toekoms hê as sy haar loopbaandr­ome probeer bewaarheid,” sê Daniah. Ryno is erg seergemaak deur Maggie se keuse en sonder om twee keer te dink pak hy sy tasse en laat Maggie en Taylor net so agter.

Maggie begin gou wonder of sy die regte keuse gemaak het en dink Ryno sal terugkom wanneer hy bedaar het, maar wanneer dit duidelik word hy gaan haar nie kontak nie, slaan dit haar so hard sy weier om verder skool toe te gaan.

Elana besef sy het weens haar selfsug en begeerte om ’n kind te hê, by Maggie se huwelik ingemeng, en Elana begin skuldig voel. Sy gaan selfs na Dankbaar om Ryno te soek, maar of sy hom en Maggie kan versoen, sal ons moet sien.

VERLEDE KEER

Bridgette was briesend toe Zoe en Tim versoen het en het Zoe mooi laat verstaan sy wil haar nie langer in haar huis en maatskappy hê nie, Elana het vir Maggie ’n groot guns gedoen, en Kaashifa en Rhafiek het verloof geraak.

IN DIÉ UITGAWE

Kaashifa mors nie tyd om by ’n dokter uit te kom nie, Wade se glipsie het verdere gevolge, en Ryno dring aan Maggie moet tussen hom en Elana kies. Elana meng al hoe meer by Maggie se huwelik in, druk word van alle kante af op Wade geplaas, en Kate is geskok wanneer Kaashifa haar geheim met haar deel. Elana en Ryno dwing Maggie om ’n besluit te neem, Wade is in die knyp, en Bridgette is bekommerd oor Mrs J. Angie loop Justin trompop, Siya konfrontee­r Elana weer, en Kaashifa sukkel om haar groot geheim vir almal weg te steek.

Siya vind uit waar Ryno hom bevind en dis nie goeie nuus vir Maggie nie, Kaashifa neem ’n drastiese besluit, en Justin soek ’n oplossing vir die konflik tussen hom en Wade. Maggie mis Ryno, Bridgette is bekommerd oor Mrs J. se gesondheid, en dis ’n ope vraag of Kaashifa die moed het om Rhafiek in haar vertroue te neem. Die Samsodiens probeer vure doodslaan, Siya gee Elana stof tot nadenke, en Maggie het skokkende nuus.

Justin en Susan nooi Wade en Angie saam op ’n wegbreek, Elana is vasberade om Maggie se huwelik te red, en Kaashifa kan geen lig aan die einde van die tonnel sien nie. Elana probeer Ryno oorreed om huis toe te kom, Wade en Angie se finansiële situasie raak al hoe moeiliker, en Kate is nie gelukkig met Kaashifa se besluit nie.

 ?? ?? Elana (hooffoto links) troos Maggie wanneer Ryno (inlas) sy tasse pak en haar en hul baba Taylor (ook inlas) verlaat.
Elana (hooffoto links) troos Maggie wanneer Ryno (inlas) sy tasse pak en haar en hul baba Taylor (ook inlas) verlaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa