TV Plus (Afrikaans)

AGTER DIE SKERMS

-

Met 7de Laan en Legacy in sy arsenaal, ken André die lewe op stel goed. Hy sê toe hy in April by GMR inval, was dit ’n heel nuwe ervaring, maar ook ’n bekende een. “GMR word verfilm by dieselfde ateljee waar die sepie Villa Rosa (2004-2016) verfilm was,” sê André wat die rol van die boosaard Liam le Roux in Villa Rosa vertolk het. “Dit was heerlik om weer op daardie stel te wees en nuwe en ou gesigte te sien. Elke stel en produksie het sy eie unieke vibe en manier van doen, maar wat GMR vir my spesiaal maak, is die vryheid wat die regisseurs aan die akteurs gee om meer met hulle karakter te speel en te improvisee­r waar nodig.”

Markus, wat in 2019 by 7de Laan klaargemaa­k het – al het Willem sporadies in die Laan opgedaag – se lewe het intussen drasties verander.

“Ek wou oor die wêreld toer, maar my planne is in 2020 deur die pandemie in die wiele gery,” sê Markus wat toe later eerder Suid-Afrika gaan verken het soos die Wildekus in die Oos-Kaap en Kosi Baai in KwaZulu-Natal.

“Ek het geleer hike, duik en het

’n vegan geword,” sê Markus wat ook intussen opleiding gedoen het as ’n brandweerm­an en onlangs sy kwalifikas­ie voltooi het. “Ja ek is ’n brandweerm­an,” sê hy trots. Maar gaan hy nog toneelspee­l? “Verseker,” sê hy. “Wanneer die tyd reg is, gaan ek moontlik na die Kaap verhuis waar daar goeie geleenthed­e vir brandweerm­anne en akteurs is.”

Francois is ’n man wat met sy hande werk en toe sy kontrak in Augustus 2021 by 7de Laan nie hernu is nie, het hy dadelik in sy werkswinke­l gaan werk en bestuur nou ’n suksesvoll­e besigheid waar hy meubels, koffietafe­ls en selfs messe maak vir kliënte. “Ek is dol daaroor om dinge te maak,” sê Francois. “Dis ’n ander manier hoe ek my kreatiwite­it kan uitleef.” Hy was juis besig om met sy hande te werk toe hy die oproep kry om vir drie maande by GMR te werk.

Reynard sê hy het elke minuut by GMR geniet al moes hy aanpas by die produksiet­empo en hordes woorde vir elke toneel leer. “Dis nie vir sissies nie,” sê hy ernstig. Tans is hy nog betrokke by Bravo! en gaan later vanjaar ’n beoordelaa­r by die FAK Allegretto­toneelfees wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa