TV Plus (Afrikaans)

Angel se oë gaan oop

Ingrid sien Priester se ware kleure.

-

Die situasie waarin Angel (Chelsea Faith Thomas) haar tans bevind is nogal benard. Ingrid (Rehane Abrahams), die vrou wat Angel haar onder haar vlerk geneem het toe Angel niks gehad het nie, sit agter tralies en Angel se man, Priester (Whaden Johannes), beheer elke aspek van haar lewe. Hy wil boonop hê sy moet so gou moontlik weer swanger raak ná haar onlangse miskraam. Dinge lyk donker, maar daar is hoop: Angel se vriende Daniel (Cantona James) en Eva (Devonecia Swartz) staan reg om haar te ondersteun indien Angel dapper genoeg sou wees om Priester te los.

Maar dis makliker gesê as gedaan.

AFGESNY

Daniel en Eva is bekommerd wanneer hulle sukkel om Angel in die hande te kry. “Albei probeer Angel bel of sien, maar sy antwoord nie, of haar foon is af,” sê Cantona. “Om met haar te praat was hul enigste manier om seker te maak sy is oukei, en nou vrees hulle Priester het Angel se foon by haar weggevat.”

Die onsekerhei­d begin aan Eva krap en sy besluit om by Angel en Priester se woonstel in te breek. “Priester het uitgevind Angel praat skelm met Daniel en Eva en uit woede het hy haar verbied om die huis te verlaat of met enigiemand te praat. Wanneer Angel Eva dus in haar woonstel sien, is Angel verheug, maar ook bang Priester betrap hulle,” sê Chelsea.

INGRID MANIPULEER

Ná ’n gesukkel kan Daniel ook weer met Angel kontak maak – kyk self hoe! – en Daniel verseker Angel haar vriende is reg om haar te help om uit haar omstandigh­ede te ontsnap. Angel waardeer Daniel se aanmoedigi­ng, maar voor sy Priester verlaat, wil sy eers by Ingrid in die tronk gaan kuier, want Ingrid was die een wat Priester aan haar opgedwing het. “Angel soek closure,” sê Chelsea. “Sy wil weet of Ingrid werklik ’n moordenaar is en of sy ooit vir haar omgegee het.”

Ingrid spin natuurlik weer ’n nuwe web om Angel en sê sy wat Ingrid is, het Angel gehelp om haar voete te vind, en net Ingrid kan haar nou weer help. “Presies hoe Angel op die uitlating reageer, mag ek nie sê nie, maar Angel begin daarna haar man staan en laat Priester verstaan hy kan haar nie meer beheer nie. Priester hou natuurlik niks daarvan nie en konfrontee­r Ingrid om uit te vind wat sy vir Angel gesê het. Maar Ingrid sê ook vir Priester sy dae is getel . . .

Priester probeer Angel se hart sagmaak deur haar van sy moeilike verlede te vertel, maar dalk kan Angel haarself staal en haar vriende se ondersteun­ing gebruik om hom finaal te los.

VERLEDE KEER

Almal in die Arendsvlei-gemeenskap het oor Pieter se dood getreur, Ingrid is gearrestee­r, en Caleb het Ezra vertel hy voel iets vir haar. Angel het ’n gesprek tussen Ingrid en haar ma gehoor.

IN DIÉ UITGAWE

Die prokureur Anita ondervra Bompie in die tronk, Priester sien Angel en Daniel saam wat ernstige gevolge het, en Bianca se nuwe voorkoms word onthul. Nicolene en Anton bring tyd saam met Tokkie in Bormanshoe­k deur, Eva en Daniel vrees die ergste wanneer hulle Angel nie kan kontak nie, en Lennie besluit om Ingrid te konfrontee­r. Arendsvlei is op hete kole oor Ingrid se hofverskyn­ing en borgaansoe­k, Eva probeer by Angel se woonstel inbreek om haar te help, en Thys kry ’n onverwagte besoeker. Emile probeer Anita oorreed om hom toe te laat om teen Ingrid te getuig, en Anton wil Nicolene ’n groot vraag vra.

Daniel verseker Angel haar vriende staan gereed om haar te help, Debra tree op om haar skuldgevoe­lens oor haar onredelike optrede teenoor Langes te verwerk, en Janice sê vir Bianca sy moet vinnig maak as sy Thys wil hê. Angel besef Ronnie en Priester konkel agter haar rug, Thys versag teenoor Bianca, en dinge raak ernstig in die hof. Ingrid en Angel het ’n intense gesprek wat tot onverwagte gevolge vir Priester lei, Nicolene is senuweeagt­ig oor wat haar ouers oor haar verlowing gaan sê, en dit is Beatrice se beurt om in Ingrid se hofsaak te getuig. Priester en Ingrid sit vas oor sy verhouding met Angel, en Janice sukkel om haar humeur in die hof te beteuel.

 ?? ?? Angel (links) laat haar nie meer boelie deur Priester (regs) nie.
Angel (links) laat haar nie meer boelie deur Priester (regs) nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa