TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Finn herwin sy bewussyn nadat Sheila hom weer lewend skok, maar wanneer hy probeer ontsnap nadat hy sy dodelike ontmoeting in die stegie met haar onthou, wys Sheila vir

Finn sy doodsertif­ikaat. Paris beveel Carter om Quinn uit hul troulokaal te skop, maar Carter stap weg van Paris om Quinn voor almal te soen! Ridge trek weer by Brooke in om haar te help nadat sy haar enkel gebreek het, ’n ontstelde Taylor peper Deacon met vrae oor Sheila wanneer sy hom by die Il Giardino-kroeg raakloop, en Quinn konfrontee­r Donna nadat Eric aankondig Donna keer terug na Forrester.

DAYS

Salem treur oor Abby se dood, en Belle keer dat Jan uit Salem vlug op Ciara se boot met Shawn en Evan se baba. Rafe arresteer Clyde, EJ sê vir Rafe en Chad Clyde het hom geskiet, en Chad daag ongenooid by Sami en Lucas se troue op om Lucas te beskuldig van die moord op Abby. Ben en Ciara neem baba Bo om sy ouma Hope te ontmoet, terwyl Steve en Kayla Stephanie opspoor. John herenig met Paul in San Francisco, en Bo bewaak al die Salemiete (in ’n oorkruisep­isode aan die begin van seisoen 2 van die splinterre­eks Beyond Salem).

Y&R

Victoria keer terug na Genoa City om by Newman Enterprise­s oor te neem nadat sy haar familie vertel hoe sy Ashland bedrieg het. Nick sluit weer by Newman aan, en Ashland reik uit na Adam nadat sy spioen Stannis hom vertel die Newmans het Adam verneder. Victoria vra Billy om Ashland in sy podsending Grinning Soul te ontmasker, en Chelsea beëindig haar ontwerpsam­ewerking met Chloe nadat Sally die pos van hoofbedryf­sbestuurde­r by Newman Media vir Chloe aanbied. Imani konkel vir tyd alleen saam met Nate, die naels is uit tussen Phyllis en Diane, en Allie word ’n intern by Jabot.

 ?? ?? Seisoen 2 van Beyond Salem begin.
Seisoen 2 van Beyond Salem begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa