TV Plus (Afrikaans)

Where The Wild Men Are With Ben Fogle

Seisoen 9 BBC Earth (*184) 19:00 Realiteit

-

Die Britse joernalis en avonturier Ben Fogle is terug met ’n splinternu­we seisoen van hierdie leefstylre­aliteitree­ks Where The Wild Men Are. En hy’s baie trots op hierdie reeks, want oral waar hy gaan, is nuwe tendense. “Seisoen 5 het ons reeds verras. Elke keer wanneer ons idees voorgelê het, was dit heeltemal nuut. Almal wat ons ontmoet het, het dieselfde doelwit – om van die radar te verdwyn en die dolle gejaag agter te laat – maar hulle het dit op verskillen­de maniere gedoen,” sê die 48-jarige Ben.

Sonkrag is vandag meer toeganklik as selfs net vyf jaar gelede, en dis een van die intelligen­tste maniere om van die radar te verdwyn, sê Ben. “Ons het by die mense wat ons ontmoet het, gesien hoe hierdie tegnologie uitbrei. Pleks van ’n flits vir ’n paar uur laai en toegang tot net ’n klompie klein panele te hê, is daar nou mense wat hul hele dak met sonpanele bedek en nie ’n enkele kwelling oor krag het nie. Dis wonderlik om te sien.”

Maar daar is nadele, erken die aanbieder, wat sê hy sou graag vir altyd in die wildernis wou bly, maar hy sal sy TVreekse te veel mis – soos die komedieree­ks The Big Bang Theory. “Wanneer jy in die oerwoud woon en jy is myle van jou buurman af, het jy probleme wanneer jy ’n mediese noodgeval het. Ons het in hierdie seisoen ’n gesin ontmoet wat ongelukkig ’n lid verloor het. Daar was ’n ongeluk in die woud en hulle het van mekaar geskei geraak en niemand het geweet nie. Daar is baie voordele (aan onder die radar wees), maar ook gevare,” voeg Ben by.

En dis nie asof die reeks ’n tekort aan onderwerpe gehad het nie. “Ons het ongeveer 200 e-posse gekry van mense wat in hierdie seisoen wou wees. Dis verbystere­nd,” sê Ben.

 ?? ?? Ben Fogle se avonture neem hom na plekke waar hy interessan­te mense ontmoet.
Ben Fogle se avonture neem hom na plekke waar hy interessan­te mense ontmoet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa