TV Plus (Afrikaans)

Harry Palmer: The Ipcress File

Seisoen 1 M-Net-sat. (*101) 22:30 Drama

-

Hou jy van ’n spioenasie­riller? Die nuwe minireeks Harry Palmer: The Ipcress Files het stilweg op die kykrooster ingesluip en is ligweg gegrond op die 1962-roman The Ipcress File deur Len Deighton. Dit speel tydens die Koue Oorlog af wanneer die smokkelaar en Britse leërkorpor­aal Harry Palmer (Joe Cole, John Shelby in die periodedra­ma Peaky Blinders) ’n vrypas kry. “Die Britse Intelligen­siediens vra Harry om na ’n vermiste professor te soek. Harry aanvaar die werk, wat vol gevaar en raaisels is,” sê die akteur.

Joe het matte verkoop voor hy in 1 2008 by die National Youth Theatre in Londen aangesluit het. “Ek kon nie glo hulle het my aanvaar nie. Ek was verstom, en my gesin het my volkome in my drome gesteun,” sê die 33-jarige Joe. Sy jonger broer Finn 2

(26) het John Shelby se neef Michael Gray in

Peaky Blinders gespeel, wat pret was vir Joe. “Ek kon hom so ’n bietjie opfoeter. Ons het nooit as broers by die huis baklei nie, dus het ek my kans waargeneem en so dan en wan rondgeklap,” vertel Joe skertsend. Die akteur ry fiets vir lang afstande 3 om fiks te bly. Dis vir hom ook ’n vorm van meditasie. Hy het in 2020

1 600 km binne nege dae gery, en sê:

“Ek het die laaste 400 km ‘afgeskakel’ en onthou nie veel van die omgewing nie. Dis my stiltetyd en ek kan helder dink.” Hy’s ook ’n fotograaf en gebruik 4 sy kunswerk vir ’n goeie doel. Hy het sedert 2016 uitstallin­gs en veilings aangebied waarvan die opbrengs aan die Momentum Children’s Charity en Kingston Hospitals in Surrey geskenk is. Soos die boef John, is Joe ook al ’n 5 paar keer gearrestee­r. “Dit was onnutsighe­id en nie misdaad nie,” sê hy.

 ?? ?? Joe Cole neem risiko’s in sy nuwe rol as die spioen Harry Palmer.
Joe Cole neem risiko’s in sy nuwe rol as die spioen Harry Palmer.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa