TV Plus (Afrikaans)

Chicago Med

Seisoen 2 Universal TV (*117) 18:20 Drama

-

Of dit haar pasiënte of kollegas is, die weduwee-dokter Natalie Manning (Torrey DeVitto, Carrie in die dramareeks One Tree Hill) loop voor met empatie in die mediese dramareeks Chicago Med. “Toe ek die oudisie gedoen het, het ek haar deernis gevoel. Natalie stel altyd ander mense eerste,” verduideli­k Torrey, en voeg by haar karakter groei in seisoen 2. “Natalie ontwikkel elke jaar. Kykers sal sien hoe haar selfvertro­ue groei. Sy sal ook ’n romantiese verbinteni­s met ’n kollega verken,” vertel die aktrise.

1 Torrey het as 6-jarige begin viool speel. Sy wou ’n beroepsmus­ikant word soos haar tromspeler-pa, Liberty, maar het op 15 dramaklass­e begin neem. “Ek het baie oudisies gedoen in Orlando, Florida, waar ek gewoon het,” sê Torrey. Sy is gebore terwyl 2 haar pa saam met die rock-legende Billy Joel (die 1983-treffer Uptown Girl) getoer het, en haar ouers het haar die tweede naam Joël gegee, wat “Jo-Elle” uitgespree­k word. “Hoewel Billy die spelling geïnspiree­r het, kom dit van albei my oumas: Jo vir Josephine en El for Eloise,” sê die 38-jarige aktrise. Torrey het op 17 by ’n modelagent­3 skap aangesluit en in haar somervakan­sie in Japan gewerk. Sy is in 2011 met die 4 akteur Paul Wesley getroud nadat hulle saam in die gruwelflie­k Killer Movie (2008) en die fantasiere­eks The Vampire Diaries (2012-2013) gespeel het. Die paartjie is ná twee jaar geskei, en Torrey sê: “Ons is steeds vriende. Ek respekteer sy talent en werketiek.” Torrey het Chicago Med in 2016 om onbekende redes verlaat.

 ?? ?? Dr. Natalie Manning was vir ses seisoene ’n gunsteling by aanhangers van die mediese dramareeks.
Dr. Natalie Manning was vir ses seisoene ’n gunsteling by aanhangers van die mediese dramareeks.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa