TV Plus (Afrikaans)

Pappa se seën

Nicolene se pa, Lukas, daag onverwags in Arendsvlei op.

-

Dis wonderlik om die duifies Anton (Dean Richard Olivier) en Nicolene (Gretchen Ramsden) weer bymekaar te sien ná die diep waters waardeur hulle is. Die toekoms wink en hulle wil sommer vinnig-vinnig trou, maar wanneer Nicolene se pa, Lukas (Mario Haupt, ’n TV-nuweling) onverwags in Arendsvlei opdaag, bring hy ’n klomp probleme saam. Lukas is nie ten gunste van Anton en Nicolene wat so vinnig voor die kansel wil staan nie en dit veroorsaak krapperigh­eid. En boonop laat dit sommer ook Anton se pa, Hein (Merlin Balie), wonder of hulle nie die troukar voor die perde span nie.

WAG EERS

Nicolene en Anton het vinnig versoen geraak nadat sy haar verlowing (vroeër in Julie) met Justin (Marlon Swarts) verbreek het. “Justin was die rede waarom Anton en Nicolene destyds uitmekaar is, toe hulle in Springbok, Nicolene se tuisdorp, gebly het,” sê Gretchen. “Justin het ’n brief wat Anton glo geskryf het en waarin hy sê hy wil niks meer met haar te doen hê nie aan Nicolene gestuur. Sy het dit geglo.”

Nicolene en Justin was kindermaat­s en Justin was vir Nicolene se pa, Lukas, soos sy eie seun. “Lukas weet nog nie presies wat in haar verhouding met

Justin skeef geloop het nie en soek antwoorde,” sê Mario. “Hy meen Anton en Nicolene moet ten minste vir ’n jaar uitgaan voor hulle trou. En Hein stem saam wanneer die twee pa’s gesels.” Anton en Nicolene wil nie wag nie, maar hul pa’s weier om die paartjie te ondersteun.

SKOK EN OPWINDING

Lukas vind wel uiteindeli­k uit wat Justin gedoen het. “Nicolene hoop dit sal ten minste haar pa van plan laat verander,” sê Gretchen, maar Nicolene is nie so gelukkig nie. Lukas is wel geskok oor Justin se optrede, sê Mario. “Hartseer en ook ’n bietjie skaam omdat hy aan die begin so lelik was met Anton. Hy het altyd gedink Justin is ’n eerbare man, maar al wat hy veroorsaak het, is hartseer.”

Nou is die troue weer ’n moontlikhe­id, en selfs Hein begin uitsien na die makietie en neem sommer aan hy sal Anton se hoofstrooi­jonker wees. “Anton is baie na aan sy pa en wil nie sy gevoelens seermaak nie,” sê Dean. “Maar eintlik wil Anton hê sy beste vriend

Wesley (Craig Adriaanse) moet sy hoofstrooi­jonker wees. En Wesley gee Anton raad hoe om met sy pa oor die dilemma te praat en raai Anton aan om net eerlik met Hein te wees.” En daar lui nooit trouklokke in Arendsvlei sonder baie dinge wat verkeerd loop nie. Gretchen sê: “Maak gereed vir nog vele drama voor hulle by die kansel gaan uitkom.”

VERLEDE KEER

Priester het Angel en Daniel saam gesien wat ernstige gevolge gehad het, Janice het Bianca gewaarsku sy moet vinnig optree as sy Thys wil hê, en Debra het Langes om verskoning gevra omdat sy onredelik opgetree het.

IN DIÉ UITGAWE

Angel begin aan Priester vereistes stel, Thys kondig aan hy het Lionel en Janice genooi om te kom domino’s speel en Bianca gaan saam met hulle kom, en Hein dring steeds daarop aan om die troue uit te stel. Bianca nooi Thys vir ete, dis Emile se beurt om te getuig, en Debra spreek haar ma voor die hof aan. Lennie neem kapt. Karelse in sy vertroue en dit help Karelse om sensitiewe inligting op te spoor, Priester haal sy woede uit op ’n bang Angel, en Daniel wend ’n finale reddingspo­ging aan. Ingrid maak ’n skokkende onthulling in die hof, Thys probeer vrede maak met Bianca, en kapt. Karelse kry inligting by Angel wat Ronnie in ’n moeilike posisie plaas.

Bianca en Thys se verhouding vorder, Ingrid raak waansinnig in die hof, en almal in die Cupido-huishoudin­g is gespanne oor wat in die hof gaan gebeur ná Ingrid se eienaardig­e gedrag die vorige dag. Aunty Gertie maak ’n onverwagte aankondigi­ng, Debra stel Langes voor ’n baie moeilike keuse, en Wesley gee Anton raad oor hoe om sy pa te hanteer. Debra kry ontstellen­de nuus oor Ingrid se hofsaak, Hein en Anton stamp koppe oor die troureëlin­gs, en Thys en Beatrice sukkel met die nuus dat Aunty Gertie uit die huis gaan trek. Debra wonder of sy die regte besluit neem om weg te trek.

 ?? ?? Lukas (hooffoto) is onseker of Anton (inlas) die regte man vir sy dogter Nicolene is.
Lukas (hooffoto) is onseker of Anton (inlas) die regte man vir sy dogter Nicolene is.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa