TV Plus (Afrikaans)

Aanloklike aanbod

Chiron nader Julia, maar soek eintlik na haar man.

-

Die Binneland-kliniek se toppersone­ellede oorweeg tans almal hul opsies. Binneland se grootste mededinger, die Chiron-hospitaal, nader hulle met aanloklike aanbieding­e as hulle eerder by Chiron gaan werk.

Die fisioterap­eut Julia (Eloise Clasen) wat met die onkoloog dr. Hugo (Cobus Rossouw jr.) getroud is, het juis binnekort ’n vergaderin­g met Chiron om te hoor wat hulle haar kan aanbied. Indien dinge daar blinker lyk as by Binneland, is die kans goed Hugo sal dit ook oorweeg om daar te gaan werk. En dit wil drs. Conrad (Hykie Berg) en Annelize (Cindy Swanepoel) wat Binneland probeer red, nie hê nie.

GLAD NIE EENVOUDIG

Annelize en Conrad het gehoop die kontrak met Magalies Mining (lees meer op ble. 22-23) wat hulle vroeër in Julie onderteken het, gaan help om Binneland se beeld weer te poets, maar dit het tot dusver net probleme veroorsaak – en die probleme met die mynkontrak het veral vir Hugo bekommer. “Julia dink dis vir haar en Hugo beter as hulle na Chiron toe skuif,” sê Eloise. “Maar dis nie so eenvoudig vir Hugo nie, want hy het ’n wonderlike werksverho­uding opgebou met dr. Steve

(Clint Brink) wat steeds by

Binneland is, en Hugo wil dit nie sommer prysgee nie.”

Intussen hoor Conrad Julia oorweeg ’n aanbod van Chiron. “Conrad vermoed Chiron nader slegs vir Julia omdat hulle eintlik vir Hugo soek, en wanneer Conrad dit aan Hugo noem en ook versekerin­g eis dat Hugo by Binneland gaan bly, het Conrad en Hugo ’n hewige woordewiss­eling. En omdat Hugo sy vrou se eer wil beskerm, sê hy vir Conrad hy was nie van plan om te gaan nie, maar ná Conrad se aantygings en eise, oorweeg hy dit sterk,” vertel Eloise. GEEN KONTAK

Hugo gesels met Steve oor sy toekoms. En die goedhartig­e Steve stel Hugo gerus en sê hy sal Hugo ondersteun indien hy eerder by Chiron wil gaan werk.

Julia onderteken haar kontrak met Chiron, maar sodra Chiron se bestuur hoor Hugo wil nie dadelik skuif nie, maak hulle nie weer kontak met Julia nie, wat Julia noop om hulle weer te gaan spreek. “Sy wag langer as ’n halfuur in hul raadsaal en soos die sekondes verby tik, besef sy hulle gaan nie opdaag nie. En dan sink die waarheid in. Conrad was reg: Chiron soek haar nie, hulle soek eintlik net vir Hugo.”

Vernederd en seergemaak reik Julia uit na Annelize met die hoop sy kan weer haar werk by Binneland terugkry. Of dit gaan gebeur, mag ons nie verklap nie, maar Chiron se bestuur het dalk nou sy hand oorspeel.

VERLEDE KEER

Conrad was agterdogti­g oor Annelize se situasie, Uys en Gaby se verhouding was op die rotse, en Tracy het al hoe meer verwyderd van Conrad gevoel. Sharon se gedrag was nie vir almal by die Binneland-kliniek aanvaarbaa­r nie.

IN DIÉ UITGAWE

Naomi sien vir wie Joline loer, Senzo se lewe is in gevaar, en Annelize en Conrad is bekommerd oor nuus wat met die Bassons te doen het. Danny voel skuldig oor ’n ongeluk, Annelize dink Jeremy is onsensitie­f, en Conrad maak ’n groot bekentenis aan Steve. Die ongeluk het ’n baie groter impak op Danny as wat hy besef, Steve vra Tracy ’n guns, en Liam verras Conrad wanneer hy aandring op antwoorde. Vicky se opgewonden­heid verbaas Steve, Naomi en

Louis is uit die veld geslaan omdat Joline opreg besorg is oor hulle, en Steve en Delia bespreek ouerskap.

Liam twyfel in die hospitaal se leierskap weens Sharon se dade, nie almal dink Joline is goeie afleiding nie, en Conrad rig ’n pleidooi aan Sharon. Zee en Joline sit vas oor Danny, Jeremy het ’n plan met Jacques, en Steve is bekommerd oor Vicky se benadering tot die modeparade. Delia deel onbewustel­ik Steve se vrese, Danny bespreek ’n idee met Louis, en Conrad en Steve het ’n woordewiss­eling. Jacques moet mooi dink oor ’n aanloklike aanbod, Delia kom agter wat die ware stand van sake is wanneer sy vir Annelize ’n guns vra, en Zee se besorgdhei­d veroorsaak vir haar probleme. Sharon is in ’n moeilike posisie, Delia besef dit gaan nie maklik wees om ’n vreemdelin­g te vertrou nie, en Joline se vredespogi­ng vererger net die situasie.

 ?? ?? Julia (links) en Hugo wonder of hulle eerder by die Chiron-hospitaal moet gaan werk.
Julia (links) en Hugo wonder of hulle eerder by die Chiron-hospitaal moet gaan werk.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa