TV Plus (Afrikaans)

’n Oorlewings­tryd

Kaashifa vertel uiteindeli­k vir Rhafiek van haar kankerdiag­nose.

-

Oorweldig. Dit som Kaashifa (Jawaahier Petersen) se gevoelens op nadat sy verlede maand uitgevind het sy het borskanker. Sy verwerk nog die skok en sukkel steeds om haar geliefdes, die Samsodiens en haar eksverloof­de Rhafiek (Irshaad Ally), te vertel van haar stryd, en daarom gaan bly sy vir ’n ruk by vriende. “Kaashifa weet as sy by die Samsodiens bly, gaan sy nie ’n skoon breek met Rhafiek kan hê nie,” sê Jawaahier. “Sy wil nie hê die Samsodiens moet weet van haar diagnose nie, want sy wil nie ’n las vir Rhafiek wees nie. Sy is bang haar diagnose gaan die aard van hul verhouding verander en sy gaan nie noodwendig die vrou vir Rhafiek kan wees wat sy wíl wees nie. Gaan sy byvoorbeel­d eendag kan kinders hê? Sy gun Rhafiek ’n gelukkige gesinslewe met kinders.”

Rhafiek raak mal van bekommerni­s en frustrasie oor sy geliefde wat hom so uit die bloute gelos het, en hy hou aan karring tot hy antwoorde kry. ’N BETER BEGRIP

Rhafiek daag by die Du Plooys op waar Kaashifa nou bly, en eis antwoorde, want so kan hy nie aangaan nie. “Kaashifa besef sy is in ’n hoek en sy kan nie langer haar diagnose vir hom wegsteek nie. En dan vertel sy hom die waarheid,” sê Jawaahier.

Rhafiek sukkel om Kaashifa se woorde te verwerk. “Hy is geskok, maar hy het darem nou ’n beter begrip vir Kaashifa se impulsiewe besluit om hul verlowing te verbreek,” sê Irshaad.

Intussen vind die res van die Samsodiens uit van Kaashifa se kanker en sukkel nes Rhafiek om dit te verwerk. “Rhafiek is verlig dat die waarheid nou uit is en dink alles kan nou weer terugkeer na normaal,” sê Irshaad. Maar dis nie hoe Kaashifa dit sien nie. “Kaashifa se ma (nie op die skerm nie) is dood aan borskanker,” sê Jawaahier. “En sy het gesien hoe haar ma deur die stryd gaan. Kaashifa wil nie vir Rhafiek deur dieselfde trauma sit nie. Dis haar stryd om te veg, en net hare.”

’N PLEIDOOI

Mymoena Samsodien, (Jill Levenberg), Rhafiek se ma, reik uit na Kaashifa en wil haar ondersteun. “Mymoena sê sy verstaan Kaashifa se besluit en wil hê sy moet weet Kaashifa sal altyd vir haar soos ’n dogter wees,” sê Jawaahier. Mymoena se woorde raak Kaashifa diep, maar dis Rhafiek se pleidooi wat haar van plan laat verander en instem om hul verhouding en verlowing weer ’n kans te gee. “Rhafiek wil nie sy lewe sonder Kaashifa spandeer nie,” sê Irshaad. “En die een ding wat bydra tot Kaashifa se changeofhe­art is wanneer hy in sy pleidooi belowe om weg te stap as hulle uitvind haar kanker het versprei ná die mastektomi­e wat sy moet kry.”

OM INTIEM TE WEES

Kaashifa trek weer by die Samsodiens in en rig dan ’n ernstige versoek aan Mymoena en haar man AB. Kaashifa wil voor haar operasie intiem verkeer met Rhafiek – iets wat eintlik streng verbode is volgens hul geloof. “Sy wil hê Rhafiek moet haar ten minste net een keer ervaar soos sy was – sy voel sy gaan nie meer ’n volle vrou ná die mastektomi­e wees nie,” verduideli­k Jawaahier.

Daardie aand spandeer Rhafiek en Kaashifa die aand saam, maar die volgende dag is Rhafiek bekommerd Kaashifa is dalk spyt daaroor. “Sy stel hom gerus deur vir hom te sê hoe belangrik dit vir haar was. Dit was nie ’n ligte besluit nie; sy het dit gedoen omdat sy geweet het dis die regte besluit. Ongeag wat, Rhafiek is die liefde van haar lewe, en die enigste man wat daar vir haar is, maak nie saak hoe kort of lank haar lewe nog gaan wees nie.”

Later ondergaan Kaashifa haar operasie. En al verloop dit goed, kry hulle slegte nuus: Die kanker het versprei. Gaan Rhafiek bly by sy belofte om sy verhouding met Kaashifa te verbreek? Ons hoop tog so daar is ’n vir-altyd- enewig- einde vir die paartjie.

 ?? ?? Rhafiek (links) ondersteun Kaashifa (regs) wanneer sy ’n dubbele mastektomi­e ondergaan.
Rhafiek (links) ondersteun Kaashifa (regs) wanneer sy ’n dubbele mastektomi­e ondergaan.
 ?? ?? Mymoena (links) gee ’n emosionele Kaashifa ’n stywe drukkie.
Mymoena (links) gee ’n emosionele Kaashifa ’n stywe drukkie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa