TV Plus (Afrikaans)

Pret oom se dagsorg

Denzil vervul die rol as ’n pafiguur en wen Vanessa se hart.

-

Toe Denzil (Jaques de Silva) begin 2021 in Hillside aangekom het, was die laaste ding wat die baas van die koffiewink­el OppieKoffi­e verwag het om liefde en behoud te vind. “Hy is onlangs geskei en sy dogter het van die skerm af verdrink,” sê Jaques, wie se karakter nog altyd sensitief was om ’n pa te wees. “Hy was ietwat versigtig toe hy middel 2021 met die weduwee Vanessa (Ingrid Paulus) begin uitgaan het, want sy het ’n jong dogter Karmen (Gabriella Linton). Denzil is lief vir kinders, maar hy weet ook dit gaan nie maklik wees in dié verhouding nie.” Maar in die volgende twee weke gaan hy sy bes doen om Vanessa se hart nóg verder te verower.

MAAK SOMME

Weens ’n besige dag op kantoor en omdat sy probeer om met ’n belangrike voorstel vir ’n regeringst­ender vorendag te kom, vra Vanessa haar kêrel, Denzil, om Karmen met haar huiswerk te help. “Denzil het lanklaas skoolwerk gedoen, maar hy is maar te bly om te help,” verduideli­k Jaques. “Denzil wil graag tyd saam met dié meisietjie deurbring, want sy is, soos hy, deel van Vanessa se wêreld, hulle moet dus saam met mekaar kan leef en hy wil hê dit moet ’n goeie verhouding wees.” Maar Karmie sit haar teë teen die “pret” oom Denzil. Sy’s astrant. Sy hou van Denzil, maar hou hom op sy tone. Onthou, Karmen glo steeds haar prokureurp­a

Xander Meintjies (Theodore Jantjies, Jordan in die sepie Getroud Met Rugby), wat in Januarie 2021 in ’n tref-en-trap-ongeluk gesterf het, lewe. “Sy’t geglo hy sou by haar onlangse verjaardag­partytjie wees, en toe hy nie daar was nie, was sy hartseer,” sê Jaques. En hoewel Denzil weet hy kan Xander nie vervang nie, doen hy sy bes om ’n vaderfiguu­r te wees.

BOUSTENE

Jaques sê dié storielyn is belangrik vir Denzil en Vanessa se romanse. “Hulle is nie jonk en verlief nie. Hulle het gevestigde lewens en loopbane. Hulle het voorheen liefgehad en het gekies om weer lief te hê.” Hy voeg by Karmen is deel van daardie liefde. “Hulle vaar in dié wonderlike storm vol liefde getemper deur verantwoor­delikheid en nóg ’n mens (Karmen) met wie onderhande­l moet word.” Gaan dit hulle nader na mekaar bring? “Beslis. Denzil kyk nie na Vanessa as iemand wat met bagasie kom nie. Hy sien Karmen as ’n bonus en sy gaan belangrik in sy lewe wees. Sy gaan Vanessa en Denzil help om hul verhouding te definieer,” sê Jaques, wat self twee dogters het: Lyla (7) en Zadie (2). “My dogters het vinnige humeure en is intelligen­t, maar hulle is (nog) nie op Karmen se vlak nie!” sê Jaques en lag.

VERLEDE KEER

Tanya wou nie inmeng met haar skoonma, Augusta, se nuwe eetroetine nie, Romeo en Uys se bespreking het ’n interessan­te wending geneem, en Tjattas het goeie nuus vir sy vriende gehad.

IN DIÉ UITGAWE

Vanessa is aangenaam verras wanneer haar maaskappy, Bruynwaves, genooi word om ’n groot geleenthei­d voor te stel vir ’n regeringst­ender, maar sy’s terselfder­tyd senuweeagt­ig, en die Basson- en Welman-familie ontdek dinge bly byna nooit ’n geheim nie. Tanya gryp ’n geleenthei­d met albei hande aan wanneer ’n seremoniem­eester vir ’n geleenthei­d siek word, en die kinders Karmen en Vee is geïnspiree­r deur Shady se selfvertro­ue en die manier waarop sy oor haarself en haar lewe praat. Mariaan is in die knyp, en die wenner van die skoonheids­kompetisie word aangekondi­g.

Dr. Alexa en Tanya probeer sin in Augusta se kop praat oor haar gesondheid, Fikani vra Lesedi vir iets vreemds, en Vanessa is dol oor hoe Denzil alles doen vir sy verhouding met haar dogter, Karmen. Bonita en Shady is albei geïnteress­eerd in die wêreld van finansies en kry leiding van Bonita se man, DeWet, en Alexa is byderhand om Tanya te ondersteun in ’n hoogs ontstellen­de tyd. Fikani stort ineen terwyl hy Romeo vertel hoe hy grootgewor­d het en nie ’n band met sy pa gehad het nie, en Zee sê vir Tjattas om meer beslis te wees. Khethiwe en Romeo het opwindende nuus, en Amorey besef sy moet eerliker met Tjattas wees.

 ?? ?? Vanessa (middel) is aangenaam verras om te vind Denzil (links) vorm ’n band met Karmen (regs).
Vanessa (middel) is aangenaam verras om te vind Denzil (links) vorm ’n band met Karmen (regs).
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa