TV Plus (Afrikaans)

Hier is van die hoogtepunt­e in Droomverlo­re wat ons geniet het:

-

Die SOEN in die teater, episode 2: Die advertensi­e-agentskap vier sy 40ste bestaansja­ar met ’n gala-aand in ’n teaterkomp­leks. Sanem, wat pas daar begin werk het, beland weens ’n misverstan­d op die verkeerde plek in die teater, en Can, wat laat is, dink Sanem is sy meisie, Polen (Kimya Gökce Aytac) – want dit is donker en hy kan nie mooi sien nie – en soen Sanem. Hy word betower deur haar parfuum, wat later probleme tussen hulle veroorsaak. Dít is wanneer Kupido se pyl tref. Alleentyd in die hangmat, episode 33: ’n Fotosessie loop skeef en die span moet die nag in tente op die terrein oor slaap. Met Sanem se vriendin Ayhan (Ceren Tasci) se hulp, sluip Sanem uit die kamp weg om Can langs die see te ontmoet waar hulle uiteindeli­k alleentyd het om hul verhouding te verdiep, en hulle bring die nag saam in ’n hangmat onder die sterre deur. Oe, so romanties!

Hartsake in die hyser, episode 57: Can nooi sy kollega Deren (Rugce Kumral) saam na ’n konsert, want hy en Sanem is weer haaks, wat Sanem jaloers maak. Wanneer dit tyd is om ná werk huis toe te gaan, beland Can en Sanem saam in ’n hysbak wat vassit. Hulle is die hele nag in die hyser vasgekeer en verplig om diep en ernstig te praat.

Hallo Yigit, episode 96: Sanem en Can se verhouding is stram wanneer sy deur ’n motor raakgery word. Die sjarmante motorbestu­urder, Yigit (Utku Ates), dring daarop aan om haar hospitaal toe te vat, en is duidelik smoorverli­ef met die eerste oogopslag – en dit maak Can groen van jaloesie. Yigit bied vir Sanem ’n werk aan en sy bedank by die agentskap, tot Can se ergernis.

Can se verjaardag episode 114: Dis Can se verjaardag­partytjie en sy ma, Huma, probeer steeds ’n wig tussen hom en Sanem indryf, want sy verkies sy eksmeisie, Polen. Sanem se geskenk aan Can is ’n album met aandenking­s sedert hulle mekaar ontmoet het, wat Can baie waardeer. maar Huma en Polen dink dit is minderwaar­dig. Dan slaan Can almal vir ’n ses wanneer hy net daar vir Sanem vra om te trou en hulle verloof raak.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa