TV Plus (Afrikaans)

Kyk ook vandag

-

Gesondheid, Prontuit

Seisoen 2 VIA (*147) 18:00 Geselsprog­ram

Episode 5 Vind uit hoe Bazil Coetzee en Sonja Holz se lewe deur hartversak­ing omgekrap is, en hul uitdagings om met hierdie toestand saam te leef.

MasterChef Australia

Seisoen 9 eReality (Openview 108) 19:00 Realiteit

Episode 49 Die deelnemers sit hul Tokio-toer voort en kry ’n voed-die-publiek-uitdaging om kos te maak vir mense wat by ’n eetplek in ’n stegie verbyloop.

Speechless

Seisoen 2 SABC3 (*193) 19:30 Drama

Episode 2 Maya help ’n gesin met kinders met spesiale behoeftes om te verstaan hulle het ’n heeltydse versorger nodig wat hulle die behandelin­g kan gee wat hulle benodig.

9-1-1

Seisoen 5 M-Net (*101) 19:30 Aksie

Episode 10 Eddie sukkel om sy seun Christophe­r tydens die Feestyd te beheer, en span 118 word na ’n Kersnoodge­val uitgeroep.

American Pickers

Seisoen 23 History (*186) 20:15 Realiteit

Episode 12 Mike en John besoek ’n versamelaa­r in Suid-Carolina om deur ’n legendarie­se pakhuis met oudhede te snuffel.

9-1-1: Lone Star

Seisoen 3 M-Net (*101) 20:30 Aksie

Episode 9 Brandweers­tasie 126 word uitgeroep na ’n weermagter­ugkomsvier­ing wat in ’n tragedie ontaard, en Owen het sy hande vol wanneer hy ’n praatlusti­ge troeteldie­r moet oppas.

Walker

Seisoen 2 M-Net (*101) 21:30 Drama

Episode 9 Cordell is met ’n nuwe saak besig en kom nie agter Dan het Liam se hulp gevra wanneer Serano op borgtog vrygelaat word nie.

Showtrial

Seisoen 1 M-Net (*101) 22:30 Drama

Episode 4 Die vervolging loods ’n striemende aanval op Talitha en Dhillon wanneer hul verhoor begin vir die moord op die kollegestu­dent Hannah Ellis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa