TV Plus (Afrikaans)

Harry Palmer: The Ipcress File

-

Seisoen 1 M-Net-sat. (*101) 22:30 Drama

Tom Hollander is dol oor rolle van slegte ouens, maar dis vir hom lekker om soms ’n goeie ou uit te beeld, soos in die spioenasie-rilreeks Harry Palmer: The Ipcress File. “My karakter, majoor Dalby, is geheimsinn­ig. Hy’s in soveel misterie gehul, ek het eers gedink hy is ’n dubbel-agent. Jy is nie seker aan watter kant van die draad hy is nie. En dis ’n probleem wanneer jy ’n spioenbaas is en jou lojaliteit bevraagtek­en word,” sê Tom.

Die 54-jarige akteur het skermlesse

1 geneem toe hy in 2006 Lord Cutler Beckett in die Pirates Of The Caribbeanf­antasiefli­eks gespeel het. “Die vervaardig­ers het gesê ek gaan nie my swaard gebruik nie, maar ek wou lesse neem ingeval hulle van plan verander. Hulle het nie, maar ek was gereed,” vertel hy. Tom het nie skietlesse nodig gehad

2 vir sy rol as die sluipmoord­enaar Isaacs in die 2011-aksiefliek Hannah nie – hy het al kleintyd leer skiet, maar erken hy hou nie van vuurwapens nie.

Kuns en akademie is deel van sy

3 familie. Sy oupa Hans was ’n musikoloog en het biografieë oor komponiste geskryf, en sy ouers is albei lektore. Hy woon sedert 2000 in dieselfde

4 woonstel in Notting Hill, Londen, en sê: “Dis perfek. Dis in Londen en het als wat ek nodig het. Ek kan weggaan vir werk en terugkom huis toe. Ek sal my lewe lank daar bly.”

Die ander rede waarom Tom steeds

5 in Notting Hill woon, is omdat sy gunsteling-restaurant minder as 100 m van sy huis af is. “Ek het in 1998 ’n onderhoud daar gehad. Die joernalis het vir my roereiers en ’n Americano-koffie gekoop. Dit is vir my die perfekte ete. Nou koop ek dit vir joernalist­e tydens onderhoude,” sê hy.

 ?? ?? Die spioenbaas majoor Dalby se getrouheid word onder die loep geplaas.
Die spioenbaas majoor Dalby se getrouheid word onder die loep geplaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa