TV Plus (Afrikaans)

Kyk ook vandag

-

Tuintoere

Seisoen 2 VIA (*147) 17:00 Leefstyl Episode 5 Derrich Gardner besoek ’n kleurryke plantversa­meling by die unieke Huis Stormvogel.

MasterChef Australia

Seisoen 9 eReality (Openview 108) 19:00 Realiteit

Episode 50 Die verloorspa­n van die straatstal-opdrag word in ’n impromptu uitskakel-uitdaging gedompel met ’n baie persoonlik­e gereg wat hulle moet berei.

Law & Order

Seisoen 21 M-Net (*101) 19:30 Drama

Episode 8 Speurders Bernard en Cosgrove ondersoek die moord op ’n finansiële ghoeroe en probeer ’n rits ander moordsake daarmee verbind.

Plaasjapie

Seisoen 1 kykNET (*144) 20:00 Realiteit Episode 5 Ná die groot verrassing tydens die vorige koöperasie­kuier, loop die spanning op elke plaas nou hoog. Die spanne ding mee in skaapskeer en skaaptel. • Lees meer op ble. 16 en 17.

Outopsie

Seisoen 1 VIA (*147) 20:00 Ware Stories • Die kanaal het episodes sonder kennisgewi­ng geskuif.

Episode 11 In Junie 2021 word die lyke van ’n pasgetroud­e paartjie in hul stort gevind. Die paartjie is glo doodgeskok nadat die 24-jarige Nabeelah aan ’n kraan in die stort geraak en haar man haar probeer help het.

Agter Tralies

Seisoen 3 VIA (*147) 20:30 Ware stories

Episode 11 Johan se lewe het in ’n oogwink verander, en hy kan net homself blameer. Hierdie episode toon wat kan gebeur indien jou emosies die oorhand kry.

NCIS

Seisoen 19 Me (*115) 20:30 Aksie

Episodes 7 & 8 McGee se skoonma kry ’n vermoorde matroos op ’n plesierboo­t, die dood van ’n vlootreser­vis maak almal by ’n skietbaan paniekerig, en agent Torres herstel ’n ou motor.

Harry Palmer: The Ipcress File

Seisoen 1 M-Net-sat. (*101) 22:30 Drama

(sien langsaan)

Episode 5 Daar’s ’n skandaal wanneer majoor Dalby se integritei­t en profession­alisme bevraagtek­en word, en Harry besef hy het dalk sy sending in gevaar gestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa