TV Plus (Afrikaans)

Slim Vang Sy Baas

-

Seisoen 5 VIA (*147) 17:30 Realiteit

“Dis so ’n groot mylpaal, ek voel ek moet eers handrem gooi om mooi te besef ons trek al by seisoen 5,” sê Beer Adriaanse, akteur en aanbieder van die algemene kennis-speletjier­eeks Slim Vang Sy Baas, waartydens twee spanne met mekaar meeding om ’n kontantpry­s van R10 000. “Daar is ’n wonderlike patroon in my lewe met die syfer 5,” sê hy. “My band (Zinkplaat) het 5 albums opgeneem. Hotel (kykNET se komedieree­ks waarin hy gespeel het) was 5 seisoene lank, en nou is Slim Vang Sy Baas ook al 5 seisoene oud. Vat vyf!” skerts Beer.

In seisoen 4 was dit spanne met bekendes soos die aktrises Roeline Daneel (Alta

Marie in die telenovell­e

Arendsvlei, lees meer op bl. 29), en Amalia Uys (Jana in die dramareeks Desert

Rose) wat teen Jan Alleman-spanne gespeel het.

“Ek het die vervaardig­ers gevra om nie vir my te sê watter bekendes in die spanne is nie,” sê Beer. “Ek het dus gewoonlik soggens op die stel vir die eerste keer gesien met wie ek daai dag sou speel. Dit het dinge lekker vars gehou. Ek dink die bekendes in die een span het dinge gemakliker gemaak (omdat ek hulle geken het), maar ook gesorg vir ’n opwindende atmosfeer.”

In seisoen 5, wat in Augustus op VIA begin, gaan dit weer net gewone mense wees wat in twee spanne van drie elk deelneem. En Beer sê hul wedywering en kennis gaan kykers verstom. “Ons skop die reeks af met die spanne Kingsize en Vonkprop en ek lag lekker vir hulle in die episode vol pret met elke speletjie. Kyk, die name van die spanne word net ál meer kreatief,” vertel Beer. “’n Mens kan sien die spanne is aanhangers van die reeks en dink goed oor hul name. Hoe lawwer hoe beter.”

 ?? ?? Beer is gereed om spanne weer uit te daag in die nuwe seisoen van Slim Vang Sy Baas.
Beer is gereed om spanne weer uit te daag in die nuwe seisoen van Slim Vang Sy Baas.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa