TV Plus (Afrikaans)

Ackley Bridge

-

Seisoen 4 SABC3 (*193) 19:30 Drama

Voor Jo Joyner bekend geraak het as die amateur-speurder Luella Shakespear­e in die Britse polisiedra­mareeks Shakespear­e & Hathaway – Maandae op BBC (*120) om 20:00 – het sy die hoofonnie Mandy Carter by Ackley Bridge College gespeel. Sy is dol oor die program en verskyn steeds in die nuutste seisoen 5, maar Jo sê haar eie skoollewe het baie verskil. “Ek dink nie ek sou ’n sterstuden­t genoem word nie. Ek’s dankbaar vir die onderrig wat ek gekry het, maar ek wou nie op skool wees nie. Ek het baie gebunk en byna weekliks detensie gekry,” vertel die 45-jarige aktrise.

1 Hoërskool was dalk ’n pyniging vir haar, maar sy was dol oor kollege. Jo het die Royal Welsh College Of Music & Drama in Cardiff bygewoon en ’n BAgraad in toneelspel behaal.

Sy’s die trotse ma van ’n tweeling, 2 Freddie McCormick en Edie Rose (12), maar het gesukkel om swanger te raak. “Ek is in vitro bevrug omdat ons (sy’s sedert 2007 met die minder bekende akteur Neil Madden getroud) nie op die normale manier kon slaag nie. Dit was ons beste besluit nóg,” sê sy.

3 Sy het baie navorsing gedoen voor die prosedure en is sedertdien ’n ondersteun­er en kampvegter vir die Pandas-liefdadigh­eidsorgani­sasies. “Pediatries­e outo-immuun-neuro-psigiatrie­se versteurin­gs wat met streptokok­kale besmetting verband hou, raak baie swanger ma’s en hul kinders. Dis belangrik om mense daaroor in te lig,” sê Jo. Sy’s lief vir die natuur en het ’n be4 langrike item op haar emmerskopl­ys: ’n Besoek aan Suid-Afrika. “Ek wil na die Kruger-wildtuin gaan. Ek wil Afrika se natuurlewe sien. Ek hou nie van dieretuine nie. Ek wou twee jaar gelede gaan, maar die wêreldwye grendeltyd het ons reis gekelder,” onthul Jo.

 ?? ?? Jo Joyner verrig vanaand dubbeldien­s as Mandy Carter op Ackley Bridge en later as Lu Shakespear­e in haar ander reeks.
Jo Joyner verrig vanaand dubbeldien­s as Mandy Carter op Ackley Bridge en later as Lu Shakespear­e in haar ander reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa