TV Plus (Afrikaans)

Kyk ook vandag

-

MasterChef Australia

Seisoen 9 eReality (Openview 108) 19:00 Realiteit

Episode 53 Die topdrie deelnemers van die Inventiont­oets ding in ’n soufflé-uitdaging mee om immuniteit, en die wenner meet kragte met die beroepsjef Federico Zanellato in ’n baktoets.

Chicago Fire

Seisoen 10 M-Net (*101) 19:30 Aksie

Episode 8 Hoof Boden wil meer weet oor die aspirantre­kruut Pelham, maar hy is nie gereed vir wat hy uitvind nie, en Severide en Herrmann stamp die hele tyd koppe oor Casey se ou kamer.

Kookpunt

Seisoen 1 VIA (*147) 20:00 Realiteit

Episode 6 Sjefs Danie, Randall en Johanné ding mee om die prys van R25 000 in die Kookpunt-kombuis. Moskou du Toit van die musiekgroe­p Spoegwolf is die gasbeoorde­laar.

Spoorloos: Die Eiland

Seisoen 4 kykNET (*144) 20:00 Drama

Episode 5 Stefan moet by die eiland uitkom waar die bewys van sy onskuld weggesteek word. Terwyl sy situasie meer hopeloos raak, maak ’n sielsgenoo­t weer kontak. • Lees meer op ble. 18-19.

The Biggest Loser USA

Seisoen 18 eReality (Openview 108) 20:00 Realiteit

Episode 6 Een van die deelnemers doen ’n ernstige voetbeseri­ng op in ’n uitdaging op ’n hindernisb­aan en moet langs die kantlyn sit met die voet in ’n

moonboot.

Hudson & Rex

Seisoen 4 Universal TV (*117) 20:00 Aksie

Episode 10 Die span van Ernstige Misdade ondersoek ’n smokkelnet­werk wat met bloeddiama­nte uit Afrika handel dryf.

Chicago Med

Seisoen 7 M-Net (*101) 20:30 Drama

Episode 2 Vanessa en Archer stry oor die behandelin­g van die slagoffer van ’n motorfiets­ongeluk en stel hul pasiënt in gevaar, en ’n ma veroorsaak moeilikhei­d vir die dokters wat haar kind behandel.

NCIS

Seisoen 15 SABC3 (*193) 21:00 Drama (sien langsaan)

Episode 21’ n Jong vrou vra Gibbs om die moord op haar ma te ondersoek, want sy beweer die man wat veroordeel is, is skuldig laat lyk, en Abby wen ’n spoggerige ete en moet ’n kollega as metgesel kies.

Chicago P.D.

Seisoen 9 M-Net (*101) 21:30 Aksie

Episode 2 ’n Paroolbeam­pte word verbind met ’n reeks seksuele aanranding- en moordsake waarin die slagoffers almal vertroulik­e informante is, en Burgess is bang haar loopbaan is verby.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa