TV Plus (Afrikaans)

Power Rangers Nina Steel

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 15:45 Kinderreek­s (as deel van Craz-e)

“It’s morphin’ time!” Jy gaan dit nog baie hoor in die splinternu­we weergawe van die aksiereeks vir kinders The Mighty Morphin’ Power Rangers. Hoewel talle nuwe Rangers die Suits Of Power oorneem om die Aarde te verdedig, is een ding dieselfde: Die skurk.

Die gemaskerde Galvanax

(stem van Richard Simpson,

Officer Rodge in die animasiere­eks The Barefoot Bandits) is terug met ’n nuwe harnas en bloedrooi oë. Hy’s op ’n sending om die Nexus-prisma te soek, ’n antieke artefak wat die ses legendarie­se Ninja Power Stars bevat. Hy land op die

Aarde en gaan na die laaste mens bekend wat die prisma het – Meester Dane

Romero (Mike Edward, Fisher in die dramareeks Filthy Rich). Hulle veg, maar dit verloop sleg vir Meester Dane, wat homself offer om te keer dat Galvanax die Prisma se volle mag ontsluit. “Galvanax is woedend en neem wraak deur Meester Dane se seun, Brody (William Shewfelt, Henry in die dramafliek This Side Of Summer), te ontvoer en Brody word ’n slaaf op Galvanax se ruimteskip,” verduideli­k William. “Die storielyn is intens, maar dit pas goed in by die Power Rangers se wêreld.”

Ná ’n dekade ontsnap Brody en steel die Prisma terug, waarna hy na die stad Summer Cove gaan. “Hy ontmoet tieners wat hom help om die Ninja Stars uit die Prisma vry te laat en hulle morfeer in die Ninja Steel Power Rangers,” vertel William. Daar is 20 episodes in die reeks met twee spesiale episodes vir Halloween en Kersfees. “Daar gebeur baie in elke episode en ons gee ons kykers ’n boodskap: hoop en geesdrif,” sê die hoofster.

 ?? ?? Brody is die seun van Meester Dane Romeo en die rooi Power Ranger (inlas).
Brody is die seun van Meester Dane Romeo en die rooi Power Ranger (inlas).
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa