TV Plus (Afrikaans)

World’s Greatest Treasure Mysteries

-

Seisoen 2 History (*186) 19:25 Dokkie

Die skattejag-broers Rick en Marty Lagina is altyd gereed vir ’n goeie raaisel indien goud aan die einde van die pad wag, soos in hul ander reeks The Curse Of Oak Island. Nou is hulle weer aan die voorpunt van die jagtog in World’s Greatest Treasure Mysteries, en fokus op goud en juwele op skeepswrak­ke van die beroemde Spaanse vloot in 1715. En hulle kom ál nader aan die blink buit . . .

Die 70-jarige Rick is vier jaar ouer 1 as Marty en het vir die VSA se posdiens gewerk. Marty het natuurlike gas ontgin. Hy het sy maatskappy verkoop en miljoene gemaak wat die broers as gedeelteli­ke finansieri­ng van hul projekte gebruik.

Hul bekoring vir die Oak Island2 raaisel het begin toe Rick in 1965 ’n artikel daaroor in die Reader’s Digesttyds­krif gesien het. “Dit was meer as die goud. Dis oor die idee van geheime en raaisels – die goud is steeds daar iewers en wag vir ons,” sê Rick.

Marty het ’n graad in ingenieurs­3 wese en ook in die regte. “Mense het altyd gesê ek moet ’n prokureur word omdat ek daarvan hou om met mense te praat,” sê Marty. “Dit het gehelp om die wet te ken. Jy kan nie sake doen sonder regskennis nie. Ek is my eie prokureur,” vertel Marty. “Ek kon aanvanklik nie ’n prokureur bekostig nie, dus was ek my eie prokureur.”

Rick sê hy het iets bonatuurli­ks 4 aangevoel op Oak Island. Benewens die vloek wat die dood van sewe mense vereis voordat die Oak Islandskat­te onthul sal word, “het die eiland ’n aura, iets wat ek nie regtig kan oordra nie. Vreemde, onverklaar­bare dinge gebeur, veral toerusting wat onklaar raak,” verduideli­k Rick.

 ?? ?? Rick (links) en Marty Lagina is geesdrifti­ge skattejagt­ers en realiteit-TV-sterre.
Rick (links) en Marty Lagina is geesdrifti­ge skattejagt­ers en realiteit-TV-sterre.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa