TV Plus (Afrikaans)

Guy! Hawaiian Style

-

Seisoen 1 Food Network (*175) 19:55 Leefstyl

Die glanssjef Guy Fieri is altyd gereed vir nóg ’n avontuur veral as dit wilde nuwe bestemming­s en borde vol kos insluit. En vir sy nuutste program breek hy weg van sy realiteitk­ompetisier­eeks en neem sy gesin met vakansie na die Hawaise eilande! “Indien Hawaii dit aanbied, probeer ons dit,” sê Guy, wat die eiland se kultuur en kookkuns verken saam met sy vrou, Lori, seuns Hunter en Ryder, en neef Jules in die reeks van vier dele getitel Guy! Hawaiian Style.

Die Fieri-gesin neem tydens die vakansie van 20 dae deel aan aktiwiteit­e soos skubaduik, kleiduifsk­iet in ’n ou vulkaan, en kry selfs tradisione­le tatoes. “Ons doen alles, of dit nou op land of op see is. En boonop kan kykers meedoen aan hierdie ongeloofli­ke reis,” sê die 54-jarige Guy. “Hierdie reeks verskil van ander reekse wat kykers al gesien het, want dit gaan nie oor kos nie – dit gaan oor gesin en familieban­de.” En die sjef voeg by hy is ’n ander mens saam met sy geliefdes as hoe hy alom bekend is. “Ek is steeds eksentriek, my hare is eksieperfe­ksie en ek het daardie skreeusnaa­kse slagspreuk­e, maar my geaardheid is anders wanneer ek by my gesin is.”

Daar is hope kos op die program, maar Guy is nie hierdie keer in sy rooi motor met die afslaankap wat beroemd geraak het in Diners, Drive-ins &

Dives nie, en wat sedert 2010 verskeie episodes in Hawaii geskiet het. Hy neem sy gesin om verskillen­de soorte kos, van eksoties tot tradisione­el, te beproef. “Daar’s niks beter nie as ’n paar biere, ’n tiki-vuur op die strand met pynappel en die beste vis nóg,” sê Guy. “Ons wys Hawaii vir die kykers – en vir my – op ’n manier wat hulle nog nie gesien het nie, en dis wat die reeks so fantasties en anders maak as enigiets wat ek al voorheen gedoen het – en dis warm, warm, warm!”

 ?? ?? Guy Fieri (middel) en sy familie (van links): Jules, Hunter, Lori en Ryder.
Guy Fieri (middel) en sy familie (van links): Jules, Hunter, Lori en Ryder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa