Doodsondes
Seisoen 4 e.tv (*194) 17:30 Telenovelle
Die wêreld van telenovelles neem die Afrikaanse TV-landskap oor en seisoen 4 van die gewilde telenovelle Doodsondes wat vandag op e.tv begin, is vol drama, intrige en bo alles sappige skandale!
Doodsondes gaan oor die lewe van die skatryk sakeman Halit Argun (Talat Bulut), sy gesin en die vroue in sy lewe in Istanbul.
In seisoen 3 was daar groot drama met Yildiz (Halit se vierde vrou) wat swanger was met Halit se kind. Halit en Yildiz was vervreemd tydens haar swangerskap en sy het saam met haar ma,
Asuman (Melisa Dogu) op die platteland gewoon. Yildiz en Halit se paaie het in seisoen 1 gekruis toe sy as Halit se assistent aangestel is deur sy destydse derde vrou Ender (Sevval Sam). Ender wou hê Yildiz moet Halit verlei sodat hy met haar egbreuk pleeg en Ender van hom kon skei en ’n deel van sy rykdom kry. Yildiz en Halit is getroud, maar hul lewe was gou onder druk in seisoen 3 veral weens sekere van Halit se werknemers wat hom as hoof- uitvoerende beampte uit sy eie maatskappy wou skop. Die aktrise Monique Rock
man (Beatrice Mack in die rilreeks Die Spreeus), wat aan Yildiz haar stem verskaf, vertel haar karater is in seisoen 4 op ’n interessante reis. “Ek mag nie sê of sy en Halit gaan versoen nie, maar sy het grootgeword ná al haar ervarings. ’n Tragedie wag op haar in die nuwe seisoen, maar sy, Ender en
Sahika (Halit se vorige verloofde en werknemer by sy maatskappy) gaan saam in die tronk beland,” verklap Monique. “Kykers gaan ook sien hoe ernstig Yildiz oor haar rol as ’n ma is.”