TV Plus (Afrikaans)

FAMILIE EN VRIENDE

-

Dis waaragtig al Kom Ons Braai: Familie En Vriende se 17de seisoen waarin drie spanne – bestaande uit familie en vriende – hul braaivernu­f teen mekaar meet. Indien die verteller se stem nog heeltyd vir jou bekend klink, is jy reg: Melt Sieberhage­n (Nathan in die komedieree­ks Troukoors) lewer deur die reeks kommentaar en verduideli­k wat aangaan.

“Teen die tyd wat die 17de seisoen begin, het Kom Ons Braai: Familie En Vriende ’n stewige 208 episodes agter die rug. Teen drie braai’s per episode kom dit neer op 624 kere wat bymekaarge­kom, vuur aangesteek en gebraai is. Alles goedige mededingin­g tussen die 1 248 deelnemers wat al braaitange gekruis het. En steeds is daar mense wat nie kan wag om deel te neem nie,” sê Melt.

“Ek’s gelukkig om weekliks my bydrae te lewer en letterlik die gapings in te vul, agtergrond te gee en dinge aan die beweeg te hou. Kom Ons Braai: Familie En Vriende gaan 100% oor die deelnemers – en braai, natuurlik. Niks anders nie,” voeg Melt by.

Melt sê om die verteller van ’n reeks te wees en om stemwerk te doen vir van die telenovell­as waarin hy ’n stemakteur is (lees meer op ble. 30 en 31), is baie verskillen­d. “As verteller van die reeks is dit lekker om jouself in die verskillen­de deelnemers se skoene te plaas en kommentaar te lewer oor wat voor jou afspeel.”

In episode 2 (13 Aug.) van Kom Ons Braai: Familie En Vriende gaan drie paartjies van die studentedo­rp Potchefstr­oom in Noordwes teen mekaar braai, en in episode 2 (20 Aug.) word die vure in Vanderbijl­park in Gauteng gestook tussen ’n groep pelle.

En ons kan nie wag om te sien wie die beste geregte gaan braai nie en natuurlik by die tydbeperki­ng van twee en half uur gaan hou om alles van soet en sout op die tafel te kry. Steek die vure aan!

 ?? ?? Hier is die deelnemers Rodrigo (links) en Martin in episode 2 van Kom Ons Braai: Familie En Vriende.
Hier is die deelnemers Rodrigo (links) en Martin in episode 2 van Kom Ons Braai: Familie En Vriende.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa