TV Plus (Afrikaans)

MEER OOR DEON

-

Deon is tans ook te sien as ’n polisieman, Schoeman, in die fliek Silverton Siege. Schoeman is die hoofakteur

Arnold Vosloo (hy speel kaptein Langerman), se regterhand. Die fliek is tans op Netflix en is in Pretoria verfilm. Dis die aangrypend­e ware verhaal (met ’n paar kreatiewe aanpassing­s) van drie vryheidsve­gters wat kliënte in 1980 in ’n Volkskasba­nk in Silverton, Pretoria, gyselaar gehou het. “Ek was 18 toe dit gebeur het en onthou dit,” vertel Deon (60). “Die fliek is uitstekend gemaak. Alles met die produksie was spot on. Alles het net gewérk.”

In die fliek lyk Deon baie anders as die glibberige Piet wat hy in Binnelande­rs (lees meer op ble. 22 tot 24 en 43) as At

Koster (Hans Strydom) se handlanger speel. “Ek kan enige rol speel,” sê Deon wat doerie jare in Egoli was as Deon du Plessis en ook al ’n draai in byna elke sepie gemaak het. “Ek kan ’n rol speel in The Sound Of Music tot iets in A Clockwork Orange,” noem hy twee flieks wat ligjare van mekaar verskil, maar sy diversitei­t as akteur uitlig. Wanneer daar ’n kans is, doen Deon ook teaterwerk, asook stemwerk vir die oorgeklank­te Turkse telenovell­es – hy is onder andere Irfan in

Kruispad (meer op bl. 35). “Dit was lekker om ’n bietjie ander muscles te flex met stemwerk. Dis net jy en jy moet dit vinnig en reg doen.”

Deon hou nie daarvan om oor homself te praat nie en antwoord eerder ’n vraag met ’n vraag van sy eie. Maar hy praat wel passievol oor die twee keer wat hy al die Camino-staproete aangepak het. “My skattebol, as ek nou op ’n plane kon klim en gaan stap, dan sou ek. Die Camino roep jou. Jy hoor die stem eers as ’n fluisterin­g, dan bou dit op tot ’n crescendo. Dis ’n fantasties­e ondervindi­ng.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa