TV Plus (Afrikaans)

NHK WORLD-JAPAN

-

Wil jy graag die ware Japan sien, maar jy is platsak? Die leefstylka­naal NHK WORLD-JAPAN (*431) bring die Japanse kultuur na Afrika. Ontdek ’n unieke en diverse mengsel van programme met uurlikse, regstreeks­e internasio­nale nuus, saam met kultuur, kos, reis, sport (insluitend­e Soemo-stoei), tegnologie, wetenskap en geskiedeni­sprogramme, met ’n Asiatiese perspektie­f. Daar is so baie om te verken.

“Ons is opgewonde om dié kanaal aan ons DStv-kliënte te bring. Ons is daarop ingestel om die beste plaaslike en internasio­nale programme aan te bied en dié kanaal se unieke inhoud wil presies dit doen,” sê Gideon Khobane, uitvoerend­e hoof van algemene vermaak by die MultiChoic­e-groep. “NHK WORLD-JAPAN gaan ons DStvinteke­nare die geleenthei­d gee om ’n internasio­nale kultuur te verken deur vermaak.”

Program-hoogtepunt­e sluit in:

• Kabuki Kool ( Woensdae om 18:30). ’n Halfuurree­ks met moderne optredes van tradisione­le Japanse toneelstuk­ke.

• Baby In Charge ( Woensdae om 19:25). Geanimeerd­e komedieree­ks oor ’n 47-jarige uitvoerend­e hoof wat nou in die liggaam van ’n baba is.

• Core Kyoto (Donderdae om 17:30). Fokus op die kunste en tradisies wat steeds beoefen word in een van Japan se mees antieke en mooiste stede.

• Japan’s Top Inventions (Donderdae om 21:00). ’n Kykie na Japan se gevorderde tegnologie, veral die werk in robotika.

• Bento Expo ( Vrydae om 19:30). Alledaagse mense en sjefs wys hoe hulle Japan se beroemde kreatiewe en heerlike kosblikke pak.

• Zero Waste Life ( Vrydae om 19:45). Demonstras­ies van hoe ontwerpers items herskep om hulle nuttig te maak en die vullishope vry te spring.

• A Cat’s-Eye View Of Japan (Sondae om 19:55). Insetsels van vyf minute oor katte reg oor Japan, in kuns en op straat. NHK WORLD-JAPAN is beskikbaar in SuidAfrika vir alle DStv Premium-, Compact Plus-, Compact-, Family-, Access- en Easy View-kliënte op DStv (*431).

 ?? ?? Core Kyoto toon die prag en werkers van die antieke stad.
Core Kyoto toon die prag en werkers van die antieke stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa