TV Plus (Afrikaans)

ONTMOET DIE SPELERS

-

Anet Ludik (Diaan Lawrenson, Joey Steyn in seisoen 3 van Spoorloos: Steynhof)

is Daan se tweede vrou en saam het hulle ’n 11-jarige seun genaamd Danie (Pieter Vorster, ’n nuweling). “Sy is ’n toegewyde ma en vrou wat weet haar man steek geheime vir haar weg,” sê Diaan. “Anet is eiewys en ’n vasberade vrou, sy wil haar gesin en huwelik red, maar dis makliker gesê as gedaan.”

Louise Ludik (Lea Vivier, Yola in die plaaslike rilreeks Dam)

is Daan se oudste kind uit sy eerste huwelik. Nie veel is bekend oor Louise se ma – Daan se eerste vrou – nie. Louise werk vir haar pa in sy meubelwink­el. “Daan en Louise is na aan mekaar, maar sy weet niks van sy onwettige transaksie­s nie,” sê Arnold. “Hy weet sy is ’n sterk, jong talentvoll­e vrou en hy weet sy kan die besigheid bestuur, maar hy is al so lank in beheer dat hy onwillig is om die bestuur oor te gee.”

Swys de Villiers (Rob van Vuuren, Montgomery Blair in die minireeks Abraham Lincoln)

was getroud met

Daan se suster Linda (die jonger weergawe word gespeel deur Leshané van der Bergh, ’n nuweling)

wat onlangs dood is en Daan het ’n sagte plekkie vir hom. “Linda het

Swys se goeie kant gesien en hom baie liefgehad, en Daan weet binne homself Swys is ’n goeie man; ’n lojale man, maar met ’n paar gebreke,” sê Arnold.

Hein Ludik (Dirk Stoltz, DeWet Basson in die sepie 7de Laan,

lees meer op ble. 28-29) is Daan se jonger broer. Hy is ’n swemafrigt­er, maar hy versteek ’n groot geheim wat vir Daan allerhande hoofbreken­s besorg . . .

Maureen (Lizz Meiring, Molly Visagie in die komedieree­ks Huis Lelieveld)

is met Hein Ludik getroud, wat niks meer vir haar voel nie. Hulle het ’n seun, Markus (Marno van der Merwe, Brad Jooste in die dramareeks Sterlopers), wat ’n vegkunsveg­ter wil word.

Viljoen Ludik (André Odendaal, Andries in die sepie Binnelande­rs,

lees meer op ble. 24-25 en 45) is Daan se predikantp­a met wie hy ’n ingewikkel­de verhouding het. “Hulle stem oor die meeste goed nie saam nie, veral ten opsigte van geld en godsdiens,” vertel Arnold.

Charles Dzike (Tshamano Sebe, Biza in die komedieree­ks Stokvel)

is Daan se regterhand en doen al sy aflewering­s. “Hulle werk reeds baie lank saam en respekteer en vertrou mekaar onvoorwaar­delik in alles,” sê Arnold.

Lil (Tina Redman, Jo in die Netflix-dramareeks Justice Served)

besit haar eie blommewink­el en sy lewer die diamante vir Daan af. Sy is uiters lojaal teenoor hom en het die vermoë om vir Daan enige mens met wie hy graag in aanraking wil kom, op te spoor.

Rina Goosen (Inge Beckmann, Ilse Greyling in die plaaslike dramareeks Desert Rose)

is Daan Ludik se sekretares­se wat alles weet van sy onwettige besigheid. Sy’s ’n dominatris­e en verberg haar eie geheime.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa