TV Plus (Afrikaans)

Familiestr­yery

Fikani is verskeur tussen sy vrou, Alexa, en die spermdief Lesedi.

-

Fikani (Nicholas Acuna) was woedend einde Julie toe hy ontdek hy het ’n geheime kind by die Hillside-prokureur Lesedi (KB Motsilanya­ne). Dis nie soveel omdat die vrou sy spermmonst­er by die kliniek gesteel en haarself kunsmatig laat bevrug het om sonder sy medewete swanger te word nie, maar meer omdat sy geliefde vrou, Alexa (Carina Nel), uitgevind het en dit geheim probeer hou het. “Hy het ’n tragiese agtergrond. Sy ma het gesterf, sy pa was in die tronk – hy het probleme met vertroue, en die een mens wat hy met sy lewe vertrou het, het hom verraai,” sê Nicholas. En dit gaan net erger word vir Filexa (soos Laan-aanhangers hulle gedoop het), voor dit gaan verbeter.

GAAN NET WEG!

Alexa en Fikani het onophoudel­ik begin stry sedert sy onlangs aan Fikani beken het wat sy uitgevind het. “Hy het Alexa vertrou en nou is daardie vertroue geskend. Dis vir hom verpletter­end en hy is verward oor wat om te doen,” verduideli­k Nicholas. “Waar staan hulle? Daar’s groot teleurstel­ling wat deur hul huwelik rimpel. Hulle is nou feitlik op hul allerlaags­te. Alexa het belowe sy sal hom nooit in die steek laat nie en dis presies wat sy gedoen het.”

Lesedi kom egter nie skotvry daarvan af nie. Sy het ’n mediese monster gesteel en misbruik nadat Fikani dit herhaaldel­ik duidelik gemaak het hy wil nie ’n verhouding met haar hê nie. “Selfs nou, wanneer Fikani en Alexa so afsydig teenoor mekaar is, is daar geen kans dat Fikani op daardie manier aan Lesedi dink nie,” verduideli­k Nicholas. Sy karakter is op die oorlogspad, maar ook sensitief vir sy babadogter se welstand en behoeftes. “Oorspronkl­ik sê hy Lesedi moet weggaan, en dan roep hy haar byna terug, en sê hy wil ’n pa wees vir ‘hul’ kind,” sê Nicholas. As ’n dokter en ’n pa met ouerkwessi­es kan Fikani nie toelaat dat sy kind ronddwaal met ’n gevoel dat sy is verwerp is nie. “Hy het gemengde emosies, want hy is lief vir kinders en hoewel hy nie dié kind op die normale manier verwek het nie, is sy sy bloed,” sê die akteur.

PROBLEME MET VROUE

Maar soveel as wat Fikani seergemaak is, maak Nicholas dit duidelik Alexa stort ook ineen. “Sy het beslis meer pyn as wat sy laat blyk. Sy het hom nie van die kind vertel nie, want sy het gedink dis in sy beste belang. Sy besef nou sy moes hom vertel het, maar dis moeilik.” Dis nie asof Lesedi ’n vreemdelin­g is nie – hulle ken haar al jare lank en sy het al voorheen probeer om Fikani by Alexa te steel. Alexa is ook effens bang om Fikani nou te verloor.

“Daar is ’n baba, waarom sou hy haar nie verlaat en na Lesedi gaan nie. Dís in Alexa se gedagtes – en Fikani het toesig oor hul seun, Nelo . . . dit is dus ’n moeilike posisie vir Alexa,” sê Nicholas.

VERLEDE KEER

Khethiwe Kh het aanvaar haar toekomstig­e skoonma, sk Ivy, gaan haar trouplanne beheer, Alexa Al se hart is gebroke ná nóg ’n verpletter­ende re geveg met haar woedende man, Fikani, en Amorey Am was gereed om eerlik te wees met haar aan-af-kêrel, aa Tjattas.

IN DIÉ UITGAWE

Denzil ondersteun sy meisie, Vanessa, voor sy na ’n belangrike sakevergad­ering gaan en haar tender voorlê. Alexa weet nie wat om te dink van Fikani se jongste gier om haar te ignoreer nie, en Tanya begin die druk voel en sy breek weg van alles wat haar onlangs gespanne gemaak het. Romeo stort ineen en bedank sy verloofde, Khethiwe, omdat sy hom in sy oomblikke van nood ondersteun, en DeWet sukkel steeds oor sy seun.

Tjattas vra Khethiwe se raad oor verhouding­s en vertel haar hoe hy werklik oor Amorey voel, en Romeo en Uys probeer die positiewe in die lewe vind en dink aan die goeie tye wat hulle as vriende ervaar. Ivy trap op tone en word dominerend, wat Khethiwe dwing om haar te vertel sy moet kalmeer en Khethiwe toelaat om iets oor haar trouplanne te sê. Uys troos Shady wanneer die aanlyn trol te veel word vir haar nadat sy die skoonheids­kompetisie gewen het, en Vanessa betrap Alexa in ’n verdagte posisie met ’n pasiënt. Mariaan en haar man, Chris, gaan hou die aand partytjie, en Aggie is desperaat om haar besigheid suksesvol te maak wanneer goeie geluk haar mededinger­s tref.

 ?? ?? Fikani (hooffoto regs) weet nie wat om te doen in verband met Alexa (links) en Lesedi (inlas) nie.
Fikani (hooffoto regs) weet nie wat om te doen in verband met Alexa (links) en Lesedi (inlas) nie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa