TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

BOLD

-

Bill help Li om Finn uit Sheila se kloue te red, maar terwyl Bill Finn na die lughawe haas vir ’n reünie net Steffy, slaan Mike Li katswink en help Sheila om te ontsnap. ’n Groot familiereü­nie word beplan wanneer Taylor en Ridge vlieg om Steffy in Monaco te ontmoet, net om ’n verrassing­soproep van Bill te kry, wat Finn na hul hotel bring voor Finn, Taylor en Ridge Steffy in die straat opspoor. Sheila betrek Deacon by haar jongste komplot, en Hope plaas ’n foto van Deacon en Brooke wat op die internet versprei net toe Taylor se jongste foto van ’n gelukkige familie ook versprei.

DAYS

Chloe verklaar oorlog nadat Kristen Basic Black oorneem, Sarah val Gwen aan, en Kate en Chad staan hul DiMera-aandele aan EJ af. Jake se gees groet Ava, Gabi oorreed Ava om te beweer Ava is Jake se weduwee sodat sy sy DiMeraaand­ele kan behou, Rolf en Kristen steel Jake se lyk, en dr. Rolf se eksperimen­te op die dooies is waansinnig­er as ooit. Chanel kies Allie bo Johnny, ’n DNS-toets bevestig Evan se bewering dat hy baba Shawn Christian se biologiese pa is, Alex maak dinge ongemaklik by ontbyt in die Kiriakis-herehuis, en Jada vra Eric op ’n afspraak.

Y&R

Ashland val en sterf tydens ’n worsteling met Nick, maar nadat Victoria en Nick terugkeer van ’n bespreking oor wat om te doen, het Ashland se liggaam verdwyn. Chance lewer verslag Ashland is dood in sy motor aangetref onder in ’n kloof, en Diane verduideli­k sagkens aan Hunter sy pa is dood. Nick beken teenoor Sharon hy het Ashland doodgemaak net toe Kevin en Chance inkriminer­ende bewyse ontdek in hul ondersoek na Ashland se dood. Sally luister ’n gesprek af wat haar agterdog bevestig dat Adam steeds smoorverli­ef is op haar, en Mariah ondersteun Sarah wat aansterk.

 ?? ?? Steffy is nie bewus daarvan Finn is op pad om haar in Monaco te soek nie.
Steffy is nie bewus daarvan Finn is op pad om haar in Monaco te soek nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa