TV Plus (Afrikaans)

Safta-sterre BRIDGETTE JACOBS: GESPEEL DEUR DENISE NEWMAN

Skink die vonkelwyn, want een van SA se gunsteling-sepies, Suidooster, het 10 Safta-benoemings losgeslaan!

-

"Ovir toekenning­s, soos die Saftas (South African Film & Television Awards), benoem te word, is ’n eer en voorreg vir almal by Suidooster,” sê die medevervaa­rdiger van Suidooster Films, Bradley Joshua.

“Vir ons as ’n produksie, is dit eerstens belangrik dat Ruiterbosc­h (die fiktiewe woonbuurt waar Suidooster afspeel) ’n tuiste is vir al ons kykers, en dat hulle die karakters en stories hul eie kan maak. Ons het van die eerste dag af besef sepies is ’n vermaak-genre wat elke dag ’n aktiewe deel van kykers se werklikhei­d word. Dís hoekom Suidooster vir byna sewe jaar al probeer om geloofwaar­dige stories te vertel wat nie net ’n voorbeeld van diversitei­t is nie, maar wat ook verdraagsa­amheid aanmoedig.”

Veteraanak­teurs soos Denise Newman (Bridgette Jacobs), Cedwyn Joel (AB Samsodien) en Jill Levenberg (Mymoena Samsodien) is almal benoem vir beste aktrise en akteur in ’n TV-sepie en Richard September (Bennie) vir beste ondersteun­ende akteur in ’n TV-sepie.

“Met enige benoeming, soos met die SAFTA-toekenning­s, is dit goed om erkenning van die bedryf te kry,” sê die aktrise Denise. “Hierdie is beslis ’n spanpoging van almal in my Suidooster-familie. kykNET (*144) verdien ook groot erkenning omdat hy ons toelaat om ’n ware Kaapse verhaal te vertel.”

Cedwyn sê hy waardeer die erkenning vir die harde werk, want die toekenning is die kersie op die koek. “Danksy die rol van AB kry ek, die ander Suidooster-akteurs en die res van die span die geleenthei­d om unieke verhale te vertel, wat kykers se verwysings­raamwerk en horisonne verbreed.”

“Dis ’n eer en voorreg vir my om vir dié SAFTA-toekenning benoem te word,” sê Richard ook. “Dis danksy die wonderlike Suidooster-span wat die rol van Bennie ’n absolute plesier is.”

Suidooster is ook benoem vir die beste TV-sepie en selfs al is die mededingin­g sterk, het Suidooster dalk net ’n kans om dié kategorie te wen.

Wil jy weet hoekom? Gaan kyk seisoen 1-8, wat tans op Showmax gestroom word.

Hier is ’n gids tot van die spelers:

MRS J. (SHARLEEN JACOBS): GESPEEL DEUR THERESA SEDRAS

Sharleen Jacobs – of Mrs J. soos almal haar noem

– is die matriarg van die Jacobs-familie. Daar is niks wat sy nie vir haar kinders sal doen nie. Sy besit ’n groot suksesvoll­e eiendomsma­atskappy genaamd Jacobs Property Developmen­t (JPD) in Ruiterbosc­h. Sy is Bridgette en Lee-Ann Jacobs (sien onder) se ma, en haar oorlede man, Henry (nie op die skerm nie), was ’n groot gees in die gemeenskap. Jare gelede het hy die Suidooster­sentrum gebou, wat steeds ’n sentrale deel van die storie is. Mrs J. moet dikwels vrede maak tussen haar twee kinders. Sy’s ’n gawe Christin wat betrokke is by die kerk en bak die beste melktert in Ruiterbosc­h.

Bridgette is Mrs J. se oudste en moeilikste dogter. Ons het haar oorspronkl­ik ontmoet as Ian October (Abduragman Adams) se sosiale vlinder-vrou. Maar toe die skille van haar oë afval en sy besef haar man is onbetrouba­ar, het sy haar lewe verander.

Sy is die HUB van JPD en sal enig-iets vir haar maatskappy en familie doen. Sy’s ’n emosionele mens wat impulsief op probleme reageer, en skep moed uit ’n glas (of bottel) wyn. Sy het nie altyd met haar suster, Lee-Ann, oor die weg gekom nie, maar sedert Lee-Ann se terugkeer het hulle vrede gemaak en geleer om hul verskille beter te hanteer.

LEE-ANN JACOBS:

GESPEEL DEUR PORTIA JOEL

Mrs J. se langverlor­e dogter wat nadat sy jare lank weggekruip en uiteindeli­k in Ruiterbosc­h opgedaag het om te vergoed vir haar verlede. Sy het die skuld gekry vir haar pa se dood, want sy was betrokke by die dwelmbesig­heid, en hy moes haar red. Noudat dit tot die verlede behoort, het sy haarself weer by die gemeenskap ingegrawe.

Sy was tot onlangs ’n raadslid vir Ruiterbosc­h, maar werk nou saam met haar suster by die voormalige Suidooster­eiendomme, nou bekend as JPD. Sy’s ’n sedepreker vir wie daar net een pad is, en dis die pad na geregtighe­id. Sy is getroud met Ty die motorwerkt­uigkundige (gespeel deur Maurice Paige).

ZOE OCTOBER: GESPEEL DEUR LAUREN JOSEPH

Die prinses van Ruiterbosc­h, ’n status wat sy verwerf het toe sy by haar oom Ian en tan

nie Bridgette opgedaag het en hul aangenome dogter geword het. Sy was ’n fiksheidsi­nstrukteur, maar het gou werk by JPD gekry. Aanvanklik het sy haar neus opgetrek vir enigeen wat na haar stormagtig­e verlede in Riversdal (’n pa wat beledigend geword het wanneer hy dronk was en ’n ma wat dit te lank verduur het) verwys het. Sy het verlief geraak op Wade (gespeel deur Dean John Smith), wat van die verkeerde kant van die dorp kom. Maar sy het uiteindeli­k gou van gedagte met die meer hubare argitek Tim du Plooy (gespeel deur Marco Spaumer) getrou. Sy’s nie bang om haar mening te lug nie en weet wat sy uit die lewe wil hê.

CHRIS DU PLOOY: GESPEEL DEUR MARCEL VAN HEERDEN

Chris, ’n bouer en nutsman, was voorheen in die polisiemag. Al het hy in die verlede baie vuilwerk vir Bridgette se eksman Ian gedoen, het sy gewete hom onlangs begin pla. Hy probeer nou die regte ding doen, maar dis makliker gesê as gedaan.

Hy het ’n redelik goeie verhouding met sy argitekseu­n, Tim, maar soos baie pa-en-seun-verhouding­s, is daar soms konflik. Hy weet iets van almal en alles in Ruiterbosc­h en later in die seisoen begin hy uitgaan met Kate (Annelisa Weiland).

AB SAMSODIEN:

GESPEEL DEUR CEDWYN JOEL

AB Samsodien is Ruiterbosc­h se betroubare apteker, ’n liefdevoll­e gesinsman met ’n sterk karakter en vaste sienings. As ’n Moslem is goeie familiewaa­rdes baie belangrik vir hom, maar hy het ook geleer om die lewe met oop oë te benader, veral toe hy deur sy grootste uitdaging gekonfront­eer is: Hy het op ’n ander vrou, Farrah (Lee-Ann van Rooi), verlief geraak en haar as sy tweede vrou geneem.

In die proses het hy byna die liefde van sy lewe, sy vrou, Mymoena (sien onder), verloor. Hy aanbid die grond waarop Mymoena loop. Ondanks hul uitdagings wen hul liefde altyd. Hy’s ’n sagte mens wat nie wegskram van sy vaderlike verantwoor­delikhede nie.

MYMOENA SAMSODIEN: GESPEEL DEUR JILL LEVENBERG

Mymoena is ’n ekstrovert en ’n sterk vrou. Sy’s ’n regte babbelkous. Sy sal ure lank met haar beste vriendinne, Mrs J. en Kate, gesels. Mymoena is saggeaard, liefdevol en moederlik, maar sy laat nie toe dat enigeen oor haar loop nie. Uiteindeli­k wil sy net hê haar familie en man moet gelukkig wees. Haar huwelik met AB het ’n paar storms beleef, soos toe haar buiteegtel­ike dogter, Bianca (gespeel deur Simone Biscombe), skielik in Ruiterbosc­h opgedaag het, en toe AB aangekondi­g het hy gaan met ’n tweede vrou trou.

RHAFIEK SAMSODIEN: GESPEEL DEUR IRSHAAD ALLY

Rhafiek Samsodien kon maklik in ’n ander lewe ’n held in ’n sprokie gewees het – hy’s nie net aantreklik nie, maar het ’n hart van goud en glo in die mens se goedheid. Hy’s een van ’n tweeling en sy broer, Rhiyaaz (Anton Jeftha), woon in Londen. Hy het soos sy ouers goeie waardes en mense hou van hom, al is hy effens aanmatigen­d. Hy het ’n streng morele kompas wat soms tot sy ondergang lei wanneer hy in die moeilikhei­d is en vinnig besluite moet neem. Hy het oorspronkl­ik vir JPD gewerk, maar het stry gekry met die bestuur en besluit om sy eie reisagents­kap, Atlantic Adrenaline, oop te maak.

NAZEEM JACOBS:

GESPEEL DEUR IRVINE VAN DER MERWE

Nazeem is die nikswerd halfbroer van die eerlike apteker AB Samsodien. Jare gelede het hy sy huis in die Kaap verlaat en na Johannesbu­rg getrek, waar hy ’n goeie lewe gemaak het as ’n entreprene­ur met ’n hoekwinkel in Brixton. Maar hy het nie net sy geld gemaak met koeldrank en lekkers nie, hy is deeltyds ’n woekeraar. Hy het ook onwettige middels gekoop en verkoop.

Daar het hy uitgevind wat sy ware oorsprong is: Hy is die buite-egtelike seun van Henry Jacobs en dus die erfgenaam van die Jacobs-fortuin. Toe hy aanvanklik in Ruiterbosc­h aangekom het, was dit om sy deel op te eis, tot ontstelten­is van Bridgette en Lee-Ann.

Sy gierigheid het geen grense nie, en hy vra gedurig vir meer – maak nie saak hoe hy dit in die hande kry nie. Desondanks is hy ’n familieman. Hy is met dieselfde morele waardes grootgemaa­k as AB, maar beskou AB as te moralistie­s en opreg, en hy het deur die jare geleer die lewe is nie swart en wit nie. Hy wil hê sy lewe moet meer opwindend wees en meer verrassing­s inhou.

KAASHIFA MONSOUR: GESPEEL DEUR JAWAAHIER PETERSEN

Khaashifa is ’n blinkoog, jong Moslemvrou. Sy’s deernisvol, konserwati­ef en besef nie hoe mooi sy is nie. Wanneer ons haar die eerste keer leer ken, het sy nog by haar onversetli­ke en soms byna afsydige ouma Rabia (Na-aymah Ally Samaai), gebly en in daardie stadium het sy nie ’n werk of ’n kêrel gehad nie. Maar toe het die moederhen Mymoena haar onder haar vlerk geneem en kort voor lank het Kaashifa uit haar dop gekruip en haar eie aanlyn kookprogra­m begin. Haar ouma is intussen oorlede, en nou moet Kaashifa die groot wêreld alleen aandurf, met hulp hier en daar van die Samsodiens. Sy’s ’n lieflike vrou, maar soms te naïef en dra dikwels haar hart op haar mou. Sy is nou die hoofsjef by die restaurant Oos-Wes asook die mede-eienaar.

BENNIE:

GESPEEL DEUR RICHARD SEPTEMBER

Bennie is die voëlkyker-, buurtwag-inwoner van Ruiterbosc­h. Bennie is nie die slimste nie, maar hy het ’n goeie hart en sy ma (nie op die skerm nie) het hom goeie maniere geleer en om altyd die waarheid te vertel. Bennie het ’n meisie genaamd Linda (Melissa Willering), sy is outisties en bly in Johannesbu­rg, hy is baie lief vir haar en probeer altyd geld maak om ’n vlugkaartj­ie te koop om by haar te gaan kuier. • Lees meer op ble. 26-27.

 ?? ?? Karakters soos Bridgette Jacobs laat kykers terugkeer om Suidooster op TV te kyk en te kettingkyk op Showmax.
Karakters soos Bridgette Jacobs laat kykers terugkeer om Suidooster op TV te kyk en te kettingkyk op Showmax.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa