TV Plus (Afrikaans)

4 nuwe n kanale MOVIE ROOM GEE WOEMA

DStv stel dié Augustus ’n nuwe kanaal vir fliekliefh­ebbers bekend, wat ons aanbod vir aanhangers van Japanse TV en Moslemkyke­rs aanvul.

-

DStv voeg vandeesmaa­nd meer kykstof tot jou pakkette by, en begin met ’n 24 uur-fliekkanaa­l, twee Islam geöriëntee­rde kanale en ’n Japanse vermaak-en-leefstylka­naal.

Movie Room is die geesteskin­d van die Ngwato Nkosi-groep, stigters van die nuuskanaal Newzroom Afrika (*405). Die Ngwato Nkosi-groep is ’n vennootska­p tussen die televisie-entreprene­urs Thabile Ngwato en Thokozani Nkosi.

“Dié kanaal gaan 24/ 7 vermaaklik­e plaaslike en internasio­nale flieks, van groot lokettreff­ers tot onvergeetl­ike klassieke rolprente, aanbied,” verduideli­k Thokozani. “Ons gaan help om programme met sorg saam te stel wat vir elke luim voorsien, van spannende aksie tot ou gunsteling­e.”

Thabile voeg by die maatskappy het ’n dapper ambisie om ’n platform vir nuus en vermaak in Afrika vir die toekoms te bou: “Dít is ’n opwindende nuwe tree op ons reis. Newzroom Afrika was bo alle verwagting suksesvol, en ons gaan die ervaring om die kanaal van die begin af te skep gebruik om slim besluite te neem in ons benadering tot Movie Room en nóg meer in die toekoms.”

Georginah Machiridza, uitvoerend­e hoof van inhoudstra­tegie en derde party-kanale by MultiChoic­e, sê Movie Room gaan kykers meer opsies bied vir hul keuse van vermaak. “Ons is opgewonde om intekenare die grootste moontlike keuse van puik flieks te bied vir alle smake en seisoene, regstreeks na jou televisie en die DStv Now-stroomapp.”

Movie Room gaan in Suid-Afrika beskikbaar wees vir alle DStv Premium-, Compact Plus-, Compact-, Family- en Access-kliënte op DStv (*113).

 ?? ?? Movie Room bring nuwe flieks na DStv, 24-7.
Movie Room bring nuwe flieks na DStv, 24-7.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa