TV Plus (Afrikaans)

Iets heeltemal anders

Netflix loods sy eerste Afrikaanse dramareeks met Hollywood se Arnold Vosloo in die hoofrol en ’n sterbelaai­de plaaslike rolverdeli­ng wat ’n storie vertel wat werd is om te kyk.

- Ludik Seisoen 1 op Netflix (begin Vrydag 26 Augustus)

Die gehalte van die produksies van flieks en reekse tot dokkies wat in Suid-Afrika verfilm is, het deur die jare beduidend verbeter, en in Augustus het die aanlyn stroomdien­s Netflix die geleenthei­d gebruik om sy eerste Afrikaanse dramareeks, genaamd Ludik, in ses dele beskikbaar te stel.

Dit spog met die Suid-Afrikaanse Hollywood-ster Arnold Vosloo (kapt. Johan Langerman in die Afrikaanse Netflix-fliek Silverton Siege). Ludik is ’n skop-skiet-en-donder-drama met ’n sterbelaai­de plaaslike rolverdeli­ng wat kykers gaan verras. En dis beslis ’n kettingkyk werd!

“Dit beteken die wêreld vir my om in my geboortela­nd terug te wees en te werk,” sê Arnold oor die verfilming hier in Suid-Afrika. “Ek het my spel nou vir meer as 40 jaar geslyp en dit beteken vir my baie om dit hier toe te pas en waarde te voeg tot die produksies waarby ek betrokke is.” En tussen die omarming van sy Afrikaanse aksent, vuishoue plant en in gevaarlike situasies beland, lewer Arnold ’n onvergeetl­ike optrede as die reeks se hoofkarakt­er Daan Ludik. Hier is alles wat jy moet weet oor dié treffende reeks!

RAAK GEMAKLIK

Vir buitestand­ers lyk Daan Ludik soos ’n suksesvoll­e Pretoriase sakeman wat weelderige meubels en matte verkoop in sy ondernemin­g Ludik Furniture.

Die maatskappy se slagspreuk ‘raak gemaklik’ klink lekker, want jy dink jy sal redelik gemaklik raak op een van sy voortrefli­ke rusbanke. Maar daar is min wat gemaklik is aan

Daan. Die ondernemin­g is ’n front vir diamantsmo­kkelary en een dag word alles waarvoor Daan gewerk het en wat hy liefhet in gevaar gestel wanneer sy swaer Swys (sien langsaan) ontvoer word en Daan onwillekeu­rig by onwettige vuurwapenh­andel ingetrek word. Arnold sê Daan is ’n baie komplekse karakter. “Soos ek veronderst­el ons almal is. ’n Hardegat, maar billike man. Hy word aangespoor deur geld, want geld gee hom sekuriteit en die vermoë om na sy wanfunksio­nele familie om te sien.”

DIE ANTAGONIS

Saam met Arnold speel nóg ’n SuidAfrika­ans gebore internasio­nale ster Sean Cameron Michael (Harold Vermeer in die aksiereeks Die Byl) die hoofantago­nis Arend Percival Brown.

“Arend is Iers, maar hy kan ook ’n bietjie Afrikaans en Russies praat,” sê Sean. “Sy regte naam is Percival, maar sy plaaslike medesamesw­eerders het hom die bynaam Arend gegee, want hy sweef bo sy koninkryk van verderf. Hy is ’n hoogs suksesvoll­e, maar oneerlike sakeman wat Suid-Afrika sy tuiste gemaak het, en is diep betrokke by die ondergrond­se Mafia wat die land beheer. Dié grootbaas is gevaarlik en Daan Ludik word onwilligli­k ’n pion in Arend se meesterpla­n om sy sindikaat oor die vasteland uit te brei,” terg Sean.

Reg deur die reeks stamp Daan en Arend talle keer koppe en dis duidelik net een gaan die spel wat hulle speel oorleef. Maar dis nie al nie.

Jy kan ook uitsien na verskeie terugflits­e wat in 1979 plaasvind toe Daan ’n seuntjie was. Destyds was hy

reeds ’n bedrewe entreprene­ur, wat die man wat hy geword het, beïnvloed het. “Vanaf ’n jong ouderdom het Daan die skynheilig­heid gesien van wat sy pa [sien op die vorige bladsy] in en met die kerk gedoen het, en hy het gesien God vat sy ma weg. Hy het gevoel hy moes opstaan en vir sy familie sorg, en die een manier waarop hy dít kon doen, was met geld,” verduideli­k Arnold.

DIE OWERHEDE

Soos die transaksie­s tussen Arend en Daan voortduren­d die aandag van die owerhede lok, en veral dié van brigadier Errol Davies (Zane Meas, Brandon Daniels in die sepie Binnelande­rs, lees meer op ble. 24, 25 en 45). “Davies is ’n gehoorsame polisiebea­mpte wat daarop ingestel is om die raaisel van Daan Ludik en die verdagte aktiwiteit­e

rondom sy besigheid op te los en een van sy meubelvrag­motors wat die grens na Zimbabwe oorsteek vas te trek,” sê Zane. “Hy het die aanvoeling vir dié soort ding en sal nie ophou voor hy al die antwoorde het nie. Hy’s ’n goeie ou met goeie voornemens, maar sy persoonlik­e lewe is vol foute.”

Zane voeg by dit was ’n wonderlike projek om saam met Arnold te werk. “Ons het ’n paar jaar gelede ’n lekker fliek genaamd Forgivenes­s (2004) saam gemaak en het tydens die verfilming goeie vriende geword. Hy het my self gebel om te vra om dié rol in Ludik te speel. Hoe kon ek nee sê? En die vonk is steeds daar. Hy’s ’n fantasties­e en goeie ou. En baie oop vir idees. As ’n kunstenaar por hy altyd aan en daag hy uit. Jy kan nie verkeerd gaan as jy teenoor Arnold Vosloo toneelspee­l nie.”

 ?? ?? Arnold Vosloo as Daan Ludik met sy goue ketting om die nek. “Dis iets wat Daan gesien het en wou hê en die eerste ding wat hy vir homself kon koop toe hy ’n seuntjie was,” sê Arnold. “Dit was ook ’n keuse wat hy kon maak omdat hy dit met of sonder ’n kruis kon kies. Hy het dit sonder die kruis verkies, wat op sigself betekenisv­ol is.”
Arnold Vosloo as Daan Ludik met sy goue ketting om die nek. “Dis iets wat Daan gesien het en wou hê en die eerste ding wat hy vir homself kon koop toe hy ’n seuntjie was,” sê Arnold. “Dit was ook ’n keuse wat hy kon maak omdat hy dit met of sonder ’n kruis kon kies. Hy het dit sonder die kruis verkies, wat op sigself betekenisv­ol is.”
 ?? ?? Sean Cameron Michael is die bose Arend, Daan se vyand in Ludik.
Sean Cameron Michael is die bose Arend, Daan se vyand in Ludik.
 ?? ?? Brigadier Davies (links) werk saam met beampte Moyo (Mzu Ntantiso, Tami in die dramareeks Forced Love, regs) “Moyo kan ’n goeie polisieman wees, as hy net na Davies se raad luister,” sê Zane.
Brigadier Davies (links) werk saam met beampte Moyo (Mzu Ntantiso, Tami in die dramareeks Forced Love, regs) “Moyo kan ’n goeie polisieman wees, as hy net na Davies se raad luister,” sê Zane.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa