TV Plus (Afrikaans)

Huisbaas-drama

In die minireeks Our House kom ’n ma tuis en sien vreemdelin­ge trek by haar huis in, en haar gesin is skoonveld.

- Our House Seisoen 1 Donderdae M-Net (*101) 22:35 (begin 25 Augustus)

Geboue wat gekaap word, is niks nuuts in Suid-Afrika nie. Dit was egter ’n taamlike skok vir die werkende ma Fi Lawson (Tuppence Middleton, Riley in die sci-fi-reeks Sense8), want sy het na bewering haar huis aan die nuwe intrekkers verkoop. “Fi het geen benul wat aan die gang is nie. Sy kom tuis ná ’n naweek uitstedig en sien ’n gesin trek by haar huis in. Sy ken hulle nie, maar hulle sê sy het dit aan hulle verkoop en die transaksie duur al maande lank,” verduideli­k Tuppence. “Sy’s verward en gespanne, want die enigste mens wat haar kan laat voel haar verbeeldin­g is nie op hol met haar nie, is haar man, Bram (Martin Compston, Steve Arnott in die misdaadril­reeks Line Of Duty), en hy’t verdwyn.” Wat gaan dan aan? Verbeel Fi haar alles, het sy dele van haar geheue verloor, of is iets sinisters aan die gang?

ONSEKER EN VERWARD

Wanneer Fi ná ’n werksreis tuis kom en by haar oprit inry, is daar ’n verhuising­swa geparkeer, maar dit pla haar nie. “Sy beweeg uit hul pad en hulle volg haar na haar voordeur. Sy begin onseker voel en dan stuit die kopers haar in haar spore,” vertel Tuppence. “Hulle wys haar die titelakte van die transaksie, wat haar naam en besonderhe­de bevat, en selfs haar handtekeni­ng. Sy kan egter glad nie onthou sy het hulle ooit ontmoet nie. Niks maak vir haar sin nie.”

En sy’s nie verkeerd nie, verduideli­k Martin. “Bram se verdwyning behoort kykers iets te vertel – hy steek iets weg. ’n Geheim uit sy verlede is terug en spook by hom – en dit gaan hom kos. Sy gesin, hul tuiste en alles wat hulle het.” Maar dit blyk Bram het meer geheime in sy kas en hoewel hy aanvanklik gevrees het die situasie het ontstaan omdat hy by een van sy vrou se vriendinne geslaap het, is die mense wat die Lawsons se ondergang wil sien, meer geïnteress­erd in die dood van ’n kind waarby Bram betrokke was. “Hy’t hierdie deel van sy lewe vir sy gesin verberg. Iemand weet van sy rol in die meisietjie se dood jare gelede en gebruik dit om Bram af te pers. En hulle gaan sy vrou alles vertel. Dit gaan dus ’n groter invloed op die gesin hê as wat enigiemand besef,” sê Martin.

GESINSKWES­SIES

Our House in nie net ’n verhaal van ’n vrou en haar man wat iets probeer behou waarvoor hulle jare lank gewerk het – hul gesinstuis­te – nie, dit gaan oor verhouding­s, sê Tuppence. “Die reeks is die verhaal van ’n huwelik en hoe geheime iets so magtigs soos die liefde, kan vernietig. Jy dink jy ken die mense aan wie jy jou lewe toegewy het en vind dan uit jy weet absoluut niks van hom of haar nie. Dis ’n skrikwekke­nde gedagte, maar dit gebeur meer dikwels as wat ons dink.”

Die paartjie se jong seuns, Harry (Casper Knopf, John in die stroomreek­s Halo) en Leo (Tommy Finnegan, Callum in die dramareeks Buffering) word ook geraak. “Die mense wat Bram afpers, wat Fi se huis verkoop het, stel hul visier op die kinders. Wanneer jy ouers wil beheer, gebruik jy hul kinders. Daar’s iets boos aan mense wat jong kinders in misdade gebruik,” verduideli­k Martin. Wie is dus die mense agter die maskers wat die huis onder hulle uitverkoop het? “Hulle ken Bram nie net omdat hulle die ongeluk gesien het nie, hulle was daar by hom toe dit gebeur het. Hulle is mense wat hy goed ken. Maar hy het gekies om sy vrou nie van hulle te vertel nie . . .”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa