TV Plus (Afrikaans)

Aan die diep kant!

Zetske vertel van haar haai-ervaring.

- Spoorloos: Die Eiland Seisoen 4 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Dit het amper gelyk soos iets uit die ikoniese fliek Jaws toe die haaivin op die swemmers in die water afpyl in Dinsdag 26 Augustus se vyfde episode van Spoorloos: Die Eiland. En die episode het geëindig met die water vol bloed. Wie het oorleef, en wie nie? En wie het die elektriese versperrin­g afgeskakel wat die haaie moes weghou?

Terwyl Zetske van Pletzen (34) wat die rol van die wetenskapl­ike haainavors­er Kylie speel, natuurlik die antwoorde ken, wag sy self in spanning om die volgende episode te kyk. “Ek kyk elke episode van die begin tot die credits aan die einde rol. As ek nie geweet het wie sit agter alles nie, het ek self almal verdink.

Ek is net só beïndruk met die reeks,” sê Zetske. Want hoewel Kylie nie vir die hele reeks deel is van die storie nie – ons het haar eers onlangs leer ken toe die hoofkarakt­er Emma (Izel Bezuidenho­ut) uiteindeli­k by die eiland aangekom het – was dit vir haar ’n uitsonderl­ike ervaring. “Ek is net bly ons het in Richardsba­ai geskiet, want die water was nogal lekker warm daardie dag. Ek en koue water kom nie so goed oor die weg nie. Die dag met daardie tonele was ’n koelerige dag en dit was amper lekkerder binne die water as buite,” onthou sy.

WIE WAS DIT?

Dit was nie moeilik vir

Zetske – wat Frans vlot praat nadat sy in 2007 in

Frankryk as au pair gewerk het – moeilik om met haar “tawwe koekie” se Franse aksent te praat nie. “En Kylie het al baie saam met Prof gewerk,” sê

Wanneer Kylie dus ontdek Emma is onder valse voorwendse­ls op die eiland en sy die saak met Prof bespreek en Prof Kylie verseker hy sal dit hanteer, dink Kylie nie weer daaraan nie. “Sy het nie tyd vir nonsens nie, haar werk is belangrik en dis waarop sy fokus.” Maar iemand wou duidelik nie hê Kylie moes die res van die span van Emma se agtergrond vertel nie en het besluit om haar vir die haaie te voer. “Prof is ’n goeie mens. Hy sal tot uiterstes gaan om Emma te beskerm, maar ek dink nie hy sal iemand seermaak nie,” antwoord die voormalige danser, wat haar graad in sielkunde en Frans het, diplomatie­s oor die moontlikhe­id dat Prof die haai-ongeluk bewimpel het.

BITTER BRANDERS

Die verfilming in die see was nogal rof, sê Zetske. “Ek is eintlik ’n bietjie bang vir die diepsee. Ons het ’n paar keer getuimel in die branders en selfs die regisseur Francois Coetzee, wat met Go-Pro-kameras verfilm het, is ondestebo geslaan. Glo my, ons sinusse was skoongespo­el daarna. Ons moes in ’n stadium ophou skiet en eers uit die water gaan toe die wind en see te rof geword het. Maar die adrenalien het gepomp! Dit het vir my gevoel asof ’n

regte haai agter my aanswem!” Agterdie-skerms-geheim: Die haaistert is later met rekenaarte­gnologie bygevoeg.

Ons weet een van die navorsers is beslis deur die haai gebyt voordat Nic (Abel Knobel, ’n sanger wat ook in 2019 vir ’n tydperk Brummer in die sepie 7de Laan, lees meer op ble. 28 en 29, gespeel het) in die water gespring het om Kylie te help. “Dit sal vir Kylie swaar wees indien nóg iemand iets moet oorkom, sy is verantwoor­delik vir haar span.”

HARTSAKE

By haar huis in Johannesbu­rg is haar gesinslewe minder stormagtig. Sy en die akteur Altus Theart – Fafa in Getroud Met Rugby (lees meer op bl. 23) – is al 10 jaar getroud en hul seun, Alexander, is 5. Haar pa, Pierre van Pletzen, wat onder meer jare lank Oom Oubaas in 7de Laan gespeel het, het onlangs 70 geword en dit was ’n jolige okkasie. En al hoop sy om eendag weer voor die kamera saam met haar pa en haar ma, Elzette Maarschalk (onder meer Steffi in die reeks Die Vierde Kabinet), te werk, fokus sy intussen op haar klerereeks, Halo By Zetske. “Ek maak nie self die klere nie, maar ontwerp dit en kies die lap. My passie sal altyd toneelspel bly, maar ek is mal oor die klere-ontwerp. Intussen sing ek nog en ek en Altus tree saam op by korporatie­we funksies.”

Zetske en haar aktrise vriendin

Christel van den Bergh

(Renate Greeff in Getroud Met Rugby) het ook verlede jaar hul eie jaarlange aanlyn dramakursu­s, Close Up Acting, begin en woeker daarmee voort.

Verder koester sy elke oomblik saam met haar Alexander. “Ons het nou al die lekkerste gesprekke soos hy ouer word en sy persoonlik­heid ontwikkel. Hy het nou die dag verwys na die hoof van die skool as die koning van die skool, wat my laat lag het. En een keer toe dit reën, toe sê hy dis Jesus wat sweet.”

Sy mag nie verklap waarmee Altus nou besig is sedert Getroud Met Rugby tot ’n einde gekom het nie, maar sy onthou haar rol as Julia in dié sepie – wat sy vir twee jaar van 2018-2020 vertolk het – baie goed. “As Zetske het ek nie altyd saamgestem met Julia se besluite nie, en dan is dit moeiliker om ’n karakter te vertolk,” erken sy. Sy glo wel in Kylie se geen-nonsens-benadering, maar of dit haar gaan red sal ons moet wag en sien. “Maar wie weet wat nou gaan gebeur? Ek weet eintlik, maar ek kan nie help nie, ek kou steeds naels!”

 ?? ?? leefstylpr­ogram Kwêla), die navorsings­leier op die eiland.
“Sy vertrou hom.” sy oor Prof. Eddie (Hannes van Wyk, aanbieder van die Klein Alexander (voor) laat Zetske (links) en haar man, Altus, gereeld lag met sy pittige sêgoed.
leefstylpr­ogram Kwêla), die navorsings­leier op die eiland. “Sy vertrou hom.” sy oor Prof. Eddie (Hannes van Wyk, aanbieder van die Klein Alexander (voor) laat Zetske (links) en haar man, Altus, gereeld lag met sy pittige sêgoed.
 ?? ?? Zetske (middel) op haar troudag saam met haar familie, van links: stiefpa Joseph Clark, ma Elzette, Altus, haar musikantbr­oer Pierre-Henri (Peach), pa Pierre en stiefma Sandra Vaughn.
Zetske (middel) op haar troudag saam met haar familie, van links: stiefpa Joseph Clark, ma Elzette, Altus, haar musikantbr­oer Pierre-Henri (Peach), pa Pierre en stiefma Sandra Vaughn.
 ?? ?? Die verfilming van die seetonele by Richardsba­ai was stormagtig. Hier is Zetske (regs) saam met Abel Konbel (as Nic, links) wat haar karakter Kylie probeer red, en Izel Bezuidenho­ut (as Emma, middel).
Die verfilming van die seetonele by Richardsba­ai was stormagtig. Hier is Zetske (regs) saam met Abel Konbel (as Nic, links) wat haar karakter Kylie probeer red, en Izel Bezuidenho­ut (as Emma, middel).
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa