TV Plus (Afrikaans)

Roekelose rokjagter

Amanda en Philip se flirtasie veroorsaak groot amok.

-

Die feeks Amanda (Natasja Jacobs), die Stryders se bemarkings­beampte, het al ’n reputasie dat sy ’n swakheid het vir jong en aantreklik­e mans. Haar jongste prooi is Philip Strauss (Markus Haywood), ’n blitsige vleuel en arrogante pierewaaie­r, wat onlangs by die Stryders aangesluit het. “Amanda weet Philip is ’n player, maar sy weet ook maar al te goed hoe om die kat-en-muisspelet­jie te speel,” sê Natasja. Dalk is Philip uitgeslape genoeg om nie verlief te raak nie, maar hul verhouding hou groot gevolge in vir die Styders.

JALOESIE EN SOETE WRAAK

Een van die pompons, Cheryl (Lee-zanda Jonas) neem skelm ’n foto van Philip en Amanda waar hulle in die raadsaal soen. Van die pompons stuur die gewraakte foto anoniem na die koerante en nuuswebwer­we en dit beland ook op die sosiale media, en nou is die vet behoorlik in die vuur. Schalk Brand (Johan Scholtz), die HUB van die Stryders, is woedend wanneer hy die intieme foto van Philip en Amanda sien.

Die twee soen reg voor ’n Strydersna­ambord waarop al die span se borge staan. “Schalk besef dadelik watter slegte gevolge hierdie foto gaan hê en dat die borge dit nie sommer gaan ignoreer nie,” sê Natasja.

Die pompons begin nou ook besef dit was ’n yslike fout om die foto so wyd en syd te versprei en dat dit groot marakkas veroorsaak wat hulle ook kan beïnvloed. Intussen begin die een ná die ander borg aan die Stryders onttrek en die Stryders-bestuur sit met sy hande in die hare. En dit lyk glad nie of die hele drama en die slegte nadraai van die foto Amanda hoegenaamd skeel nie.

VERLEDE KEER

Amanda het op ’n foto van Philip saam met ’n ander vrou afgekom, Ryno het Damon gehelp met sy bekruiper, en Blitz was bang Philip wil sy plek in die span oorneem.

IN DIÉ UITGAWE

’n Media-spektakel bedreig die Stryders se toekoms, Wouter konfrontee­r Fafa oor sy skielike besluit, en Ryno en Damon het almal aan die gons. Amanda kry snuf in die neus oor wie die foto geneem het, Jana rig ’n versoek aan Tim, en Ryno en Damon se leuen ruk handuit. Die Stryders kry slegte nuus, almal is skepties oor Ryno en Damon se verhouding, en Anastasia leer die pompons ’n les. Die struweling tussen Fafa en Wouter duur voort, die pompons se selfies lok onverwagte reaksie uit, en Blitz is bekommerd oor Lienkie.

Amanda, Kristien en Lienkie se selfies maak behoorlik opslae, Bibi probeer die konflik tussen die afrigters opklaar, en Lienkie kry goeie nuus. Philip het sy bedenkinge oor Amanda, die vroue gryp in tussen Fafa, Wouter en Schalk, en Lulu kry ’n groot verrassing. Lulu voel skuldig oor Wouter, die grens tussen voorgee en werklikhei­d raak ál vaer tussen Ryno en Damon, en die bemarkings­kantoor is op die pompons se spoor. Ryno en Damon maak uit, Wouter en Lulu doen ’n groot stap, en Amanda word op haar plek gesit. Lulu is ontsteld omdat Wouter se kinders nie van haar hou nie, Anastasia gryp in by Ryno en Damon se verhouding, en Kristien vind uit wie die foto geneem het. Ryno en Damon besluit om hul verhouding geheim te hou, en Lulu kry ’n boodskap van Wouter se eksvrou.

 ?? ?? Amanda en die nuwe Stryder-vleuel Philip het ’n onweerstaa­nbare aantekking­skrag. Inlas: Phillip (links) en Odette.
Amanda en die nuwe Stryder-vleuel Philip het ’n onweerstaa­nbare aantekking­skrag. Inlas: Phillip (links) en Odette.
 ?? ?? Die pompons sweer saam teen Amanda. Van links is Mia, Schelaine, Vasti en Cheryl. Dié foto van Amanda en Philip veroorsaak ’n opskudding in die media en by die Stryders se borge.
Die pompons sweer saam teen Amanda. Van links is Mia, Schelaine, Vasti en Cheryl. Dié foto van Amanda en Philip veroorsaak ’n opskudding in die media en by die Stryders se borge.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa